Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
FIS staan EFF-saak oor CR17-veldtog weens vertroulikheid teen

Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIS) gaan óók die EFF se hofaansoek teenstaan dat dokumente openbaar gemaak word wat verband hou met skenkings vir pres. Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog om ANC-president te word.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: ELIZABETH SEJAKE

Die FIS het dit Woensdagmiddag amptelik bevestig en in ’n verklaring bygevoeg dit is omdat hy ingevolge die FIS-wet verplig word om die vertroulikheid van alle inligting wat dit aan ander partye verskaf te beskerm.

Netwerk24 het vroeër berig Ramaphosa se regspan het aangedui dat die staatshoof ook die EFF se aansoek in die hooggeregshof in Pretoria sal teenstaan.

Die EFF wil hê die dokumente, wat onder meer bankstate van Ramaphosa se rekeninge van sy 2017-veldtog insluit, moet openbaar gemaak word.

Dié dokumente is al langer as ’n jaar in opdrag van die hof geseël nadat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), dit destyds laat indien het ter stawing van ’n verslag van haar wat later op hersiening geneem is.

In die verslag het sy bevind dat Ramaphosa die parlement mislei het oor ’n R500 000-skenking wat wyle Gavin Watson deur sy maatskappy Bosasa aan die veldtog gedoen het.

In die verslag het sy onder meer bevind dat Ramaphosa die parlement mislei het oor ’n R500 000-skenking wat wyle Gavin Watson deur sy maatskappy Bosasa aan die veldtog gedoen het.

Ramaphosa het gesê hy het nie die parlement opsetlik mislei nie, omdat hy nie van die skenking bewus was nie.

’n Volbank regters het in ’n uitspraak in Maart die OB se verslag tersyde gestel.

Mkhwebane appelleer tans teen dié uitspraak in die konstitusionele hof.

As die inhoud van die FIS se verslag openbaar gemaak word, is dit ’n skending van die FIS-wet.
Verklaring

Die FIS het Woensdag verder gesê dat hy die EFF se aansoek in die hooggeregshof sal teenstaan omdat dié party die FIS as ’n respondent in sy aansoek noem.

“Die FIS het sy verpligtinge onder die wet oorweeg en besluit hy word verplig om die vertroulikheid te beskerm van die inligting wat van hom bekom is, veral, maar nie uitsluitlik nie, omdat die hofaansoek waarvoor die inligting vereis is, oor besluit is en dat die appèl-rekord voor die konstitusionele hof nie die verseëlde dokumente insluit en nie ’n rol in die appèl sal speel nie.

“Inligting wat van die FIS verkry word, is vertroulik en die FIS is onder ’n statutêre verpligting om daardie vertroulikheid te handhaaf en dit is wat hy doen,” lui die verklaring.

Die FIS sê hy staan voorts ook die EFF se aansoek teen “om sekere dokumente openbaar te maak wat deel vorm van die rekord van die OB se besluit oor die CR17-veldtogfinansiering”.

“Soos deur die hooggeregshof bevestig is met die president se aansoek om die OB se verslag tersyde te stel, bevat hierdie rekord onder meer inligting en dokumente wat die FIS met die OB-kantoor gedeel het.”

As die inhoud van die FIS se verslag openbaar gemaak word, is dit ’n skending van die FIS-wet, luidens die verklaring.

Volgens die FIS tree hy op ingevolge die vereistes van die FIS-wet en hy doen dit onafhanklik van die belange van enige partye in die hofaansoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.