Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Fita op 15 Julie weer in hof

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl sal op 15 Julie in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Sy aansoek kom nadat ’n volbank regters op 26 Junie beslis het dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, wel geldige redes vir die tabakverbod gedurende die staat van inperking het.

In die uitspraak is al Fita se argumente verwerp. Die regters, onder leiding van Gauteng se regterpresident, regter Dunstan Mlambo, het beslis dat Fita nie die konteks waarin die regulasies afgekondig is in ag geneem het nie.

Fita betwis egter hierdie bevinding en voer aan die appèlhof kan tot ’n ander gevolgtrekking kom.

Die verbod op die verkoop van tabakprodukte geld al langer as drie maande en dit het reeds ’n groot finansiële uitwerking op die bedryf. Die sluikhandel in sigarette het boonop aansienlik gegroei omdat rokers nou hierdie sigarette koop.

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika onlangs die versekering gegee dat die verbod nie permanent is nie, maar hy het nie verder uitgebrei oor wanneer dit moontlik opgehef kan word nie.

Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, het Vrydag bevestig dat die hof dié datum vir hulle gegee het. Dit sal aanlyn aangehoor word en nie in die hof nie.

Fita het sy aansoek om verlof tot appèl ’n week gelede ingedien.

Lees Fita se redes hier.

  • Intussen sal British American Tobacco SA (Batsa) se aansoek op 5 en 6 Augustus in die hooggeregshof in Kaapstad voor ’n volbank regters aangehoor word. Die regters wat die saak sal aanhoor, is regters Elize Steyn, Hayley Slingers en Thandazwa Ndita.
Meer oor:  Fita  |  Virus  |  Tabakverbod  |  Sigarette  |  Covid-19  |  Inperkingsmaatreëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.