Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Flentertong’-verkragter in Julie vir psigiatrese waarneming

Die man wat deur ’n vroulike dokter van Bloemfontein gebyt is terwyl hy haar glo probeer verkrag het, gaan vroeg volgende maand vir kort psigiatriese waarneming opgeneem word.

Die staat kon vir die 30-jarige man van Bronville, Welkom, ’n afspraak in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein kry, het Johan de Vries, die aanklaer, Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein gesê.

Die hoofingang na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Argief

’n Verslag sal oor hom opgestel word wat sal bepaal of sy verhoor kan voortgaan of dat hy vir ’n deegliker ondersoek en langer waarneming verwys moet word om vas te stel of hy tussen reg en verkeerd kan onderskei en sy verhoor sal verstaan.

Die man, wie se identiteit nie nou bekend gemaak mag word nie, het op aanklag van poging tot verkragting voor landdros Ryan Ishmail verskyn.

Dit volg op gebeure op 4 Junie toe hy na bewering ’n dokter in ’n roepkamer in die Pelonomi-hospitaal probeer verkrag het. Toe hy haar probeer soen het, het sy ’n deel van sy tong afgebyt.

Die man se spraak het intussen baie verbeter, maar hy praat steeds effens mompelend.

* Die 24-jarige intern het die aand glo gerus toe iemand aanhoudend aan die deur van die roepkamer klop.

Toe sy dit naderhand oopmaak, is sy na bewering teen die vloer gegooi en ’n man het probeer om haar klere uit te trek.

Nadat sy hom gebyt het, het hy weggehardloop en ’n stuk van sy tong en sy broek het daar agtergebly.

Hy het later by die Nasionale Hospitaal in die stad om hulp vir sy bloeiende tong aangeklop. Hy is daar in hegtenis geneem.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.