Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Forum hof toe oor sluiting van kerke

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum (SANCF) het 'n aansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien oor die inperkingsregulasies wat bepaal dat kerke gesluit moet wees.

Die dringende aansoek wat Vrydag ingedien is teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, vra dat die regulasies irrasioneel en ongrondwetlik verklaar word.

Kragtens die aangepaste vlak 3-inperking wat pres. Cyril Ramaphosa op 11 Januarie aangekondig het, is alle openbare byeenkomste, behalwe begrafnisse, verbode.

In die hofaansoek word aangevoer dat die sluiting van kerke “geestelike werkers (pastore) saam met hul gesinne honger laat”.

Die organisasie sê hy het gesien dat “gevalle van selfdood plaasgevind het omdat mense nie hul gesinne kan voed nie, en dat die samelewing vertroue verloor het in gebed”.

Die SANCF sê dat die sluitings van kerke irrasioneel en ongrondwetlik is, want hoewel byeenkomste verbode is, is daar steeds ondernemings soos casino’s, bioskope en restaurante wat mag handel dryf.

In ’n beëdigde verklaring van die SANCF-president, biskop Marothi Mashashane, voer die forum aan dat dieselfde gesondheidsmaatreëls wat by hierdie plekke toegepas word, ook by godsdienstige byeenkomste toegepas kan word.

Die organisasie voeg by dat die besluit om kerke te sluit, “slegs gebaseer is op diskriminasie ter bevoordeling van byeenkomste wat geld verdien – ten koste van lewens – en dat godsdienstige instellings benadeel word omdat dit geen inkomste vir die bruto binnelandse produk (BBP) lewer nie”.

Die SANCF het versoek dat hul aansoek Dinsdag, of so spoedig moontlik daarna, aangehoor word.

Meer oor:  Kerke  |  Koronavirus  |  Tweede Vlaag  |  Covid-19  |  Inperkingsmaatreëls  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.