Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
FOTO'S: Nafiz Modack by hof omring deur gewapende wagte

Nafiz Modack, een van die beweerde leiersfigure van die Kaapse onderwêreld, het Maandagoggend in 'n swart baadjie en wit T-hemp by die streekhof in Kaapstad aangekom saam met minstens drie gewapende wagte en ander lyfwagte. 

Modack, Colin Booysen, jonger broer van Jerome "Donkie" Booysen, Ashley Fields en Jacques Cronje staan tereg op aanklagte van afpersing en die lewering van veiligheidsdienste terwyl hulle nie as ’n veiligheidsmaatskappy geregistreer is nie.

Modack staan ook tereg op aanklagte wat verband hou met die onderskepping van kommunikasie (selfoonoproepe) en ’n aanklag van regsverydeling.

Daar is glo twee faksies in die onderwêreld wat in 'n stryd gewikkel is oor wie veiligheidsdienste by restaurante en nagklubs moet verskaf.

Die faksie waarvan Modack en Colin Booysen na bewering deel is, is glo in 'n stryd gewikkel met 'n ouer faksie waarvan Jerome Booysen en sy Kaapse sakeman-vennoot, Mark Lifman, glo deel is.

Modack-hulle het glo die eienaars van The Grande afgepers.

Die verhoor het in November verlede jaar begin.

Nafiz Modack Foto: Jaco Marais
Nafiz Modack, Colin Booysen, Ashley Fields en Jacques Cronje staan tereg op 'n aanklagte van afpersing. Foto: Jaco Marais
Nafiz Modack
Nafiz Modack, in 'n swart baadjie en wit t-hemp, kom Maandagoggend by die streekhof in Kaapstad aan saam met minstens drie gewapende wagte en ander lyfwagte. Foto: Jaco Marais
Jaco Marais
Nafiz Modack Foto: Jaco Marais
Polisiebronne uit meer as een oord het twee weke gelede in 'n oënskynlike mediaverklaring gesê Modack is by 'n Aucor-veiling in Bellville-Suid doodgeskiet. Die bron van die inligting oor die fiktiewe skietvoorval bly 'n raaisel. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.