Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Huiswerker eers snikkend, nou emosieloos in hof

’n Vrou wat 24 jaar vir die vermoorde Hettie Deacon (79) gewerk het, het Maandagoggend in Polokwane se landdroshof weens haar moord verskyn.

Sophie Mmako (51) en haar kêrel, Lazarus Mahlo (41), is Vrydag weens die moorde op Hettie en haar dogter, Lizette Deacon (55), in hegtenis geneem.

Mmako het die twee sakevroue van Polokwane se roudiens verlede Dinsdag in die NG kerk Polokwane-noord bygewoon.

Sy het buite die kerk aan Netwerk24 gesê sy het sedert 1996 by Hettie gewerk, toe sy nog in Klerksdorp in Noordwes gewoon het.

“Wat met hulle gebeur het maak my hart baie seer,” het sy gesê terwyl die trane oor haar wange gerol het.

Sophie Mmako in trane op die troosdiens wat verlede Dinsdag vir die vermoorde Hettie Deacon (79) en haar dogter, Lizette (55), gehou is. Foto: Deaan Vivier
Sophie Mmako
Sophie Mmako verlede Dinsdag na afloop van die roudiens vir die Deacons. Foto: Marietie Louw-Carstens

Mmako het met haar hofverskyning geen emosie getoon nie, en het met haar arms gevou gestaan.

Sy is Vrydagoggend in Polokwane in hegtenis geneem en Mahlo sowat ’n uur later in Tembisa aan die Oos-Rand.

Mahlo het voorheen in die kombuis van een van die Ocean Basket-restaurante in Polokwane wat aan Lizette Deacon behoort het gewerk. Dis nog onduidelik hoekom hy afgedank is.

Netwerk24 verneem Mmako besit die huis in Mookgophong waar Casper Mudau (35), haar medebeskuldigde, op 13 September weens die moorde in hegtenis geneem is.

Advanced Amid (30) is dieselfde dag in Polokwane in hegtenis geneem.

Sophie Mmako (51) en Lazarus Mahlo (41) Maandagoggend in die landdroshof in Polokwane. Foto: Marietie Louw-Carstens

Lizette en Hettie is vroeg die aand van 10 September in hul meenthuis in die Alpetra-kompleks in Welgelegen in Polokwane oorval, met messe gesteek en in die bagasieruimte van Lizette se wit Honda-luikrugvoertuig geboender. Hulle lyke is ure later agter in die voertuig sowat 25 km buite die stad gekry.

Netwerk24 verneem die lykskouings het bevind die amptelike oorsaak van hul dood is versmoring.

Hulle hande was styf met kabelbinders vasgebind en daar is lappe baie styf om hul gesig gedraai.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het Maandag die hofverskyning van Mmako en Mhalo bygewoon. Sy was verlede Dinsdag ook in die hof toe Mudau en Amid, wat Zimbabwiërs is, in dieselfde hof weens die Deacons se moorde verskyn het.

“Geweld teen vrou en kinders is ’n euwel en moet gestop word,” het Rakgoale buite die hof gesê.

Die saak teen Mmako en Mahlo is vir verdere ondersoek tot Vrydag uitgestel. Hulle sal dan saam met Mudau en Amid in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die polisie soek na nóg ’n Zimbabwiër wat die polisie met inligting oor die moorde kan help. Die man staan bekend as Owen Setsiba, maar gebruik ook die vanne Makutara en/of Mbedzi.

Enigiemand met inligting kan kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of sers. Phaladi Makola by 082 749 2233 bel.

Meer oor:  Sophie Mmako  |  Polokwane-Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.