Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
FOTO'S: So lyk 5 in hof ná Hartswater-moorde

Die vyf verdagtes wat aangekeer is ná die moorde op die Brand-egpaar, Dan (83) en Breggie (73), en hul dogter Elzabie (54) het Donderdagoggend in die hof in Hartswater in die Noord-Kaap verskyn.

hartswater, hof, verdagtes
Realeboga Manyedi, Tshepaone Melato, Donald Seoleseng, Kgomotso Mpulwana en Tsepho Visagie Donderdagoggend in die beskuldigdebank. Foto: Anena Burger
hartswater, hof, verdagtes
'n Hofbeampte praat met die beskuldigdes. Van links is Tsepho Visagie, Kgomotso Mpulwana, Donald Seoleseng, Tshepaone Melato en Realeboga Manyedi. Foto: Anena Burger
hartswater, hof
Familielede van Dan, Breggie en Elzabie Brand sit op die voorste bank in die hof. Foto: Anena Burger

Mense van die omgewing het voor die begin van die hofsaak protes teen plaasmoorde aangeteken deur in konvooi deur die dorp te ry.

Daarna het die inwoners en boere saam voor die hof betoog en geëis dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die saak teen die vyf beskuldigdes is uitgestel tot 13 Augustus.

hartswater, hof
Die betogers teken protes aan teen plaasmoorde en eis dat die beskuldigdes in die Brand-moordsaak nie borgtog kry nie. Foto: Anena Burger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.