Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Franschhoek-moordverhoor tot volgende jaar uitgestel

Chanél du Toit is agt jaar gelede dood in die kothuis op die plaas Dieu Donné in Franschhoek gevind waar sy en haar man, Johan du Toit, gewoon het.

Sy is verwurg.

Du Toit is twee weke ná haar begrafnis in verband met sy vrou se dood in hegtenis geneem.

Johan du Toit en ’n vriendin kom Dinsdag by die streekhof in die Paarl aan. Foto: Adrian de Kock

Hy ontken skuld op ’n aanklag van moord en voer aan dat sy vrou nog gelewe het toe hy die oggend van 7 Julie 2010 die huis verlaat het om te gaan jag.

Agt jaar en vier maande later is sy verhoor nog nie afgehandel nie. Die verhoor is Dinsdag in die streekhof in die Paarl tot Februarie 2019 uitgestel nadat die hofverrigtinge belemmer is weens ’n kragonderbreking in dele van die Paarl.

Maandag het die staatsaanklaer in die saak, adv. Enslin Orange, verskeie foto’s van die kothuis, asook van Chanél se naakte lyk, aan haar man gewys.

Du Toit het in die beskuldigdebank in trane uitgebars toe hy na die foto’s van sy vrou se naakte lyk, met bloed aan haar gesig en kneusplekke aan haar skouers, gekyk het.

Die hof het ook gehoor dat daar geen DNS van Du Toit in monsters gevind is wat van Chanél se vagina en anus geneem is nie. Du Toit beweer dat hulle die aand voordat hy vertrek het, seks gehad het.

Daar is wel bloed van hom op die matras van hul bed, asook aan die basis van die matras, gevind. Du Toit het getuig dat hy ’n skeurplek aan sy geslagsdeel opgedoen het toe hy en Chanél die eerste keer seks gehad het. Hy het egter nooit vir mediese behandeling gegaan nie, omdat hy skaam daaroor was.

Du Toit se ma en ’n vriendin van hom ondersteun hom met elke hofverskyning. Hulle gaan sit gewoonlik in die eerste bank van die openbare galery.

Familielede en vriende van Chanél sit gewoonlik in die tweede bank. Hulle maak nie oogkontak met mekaar nie.

Die saak gaan op 11, 12 en 13 Februarie voort.

Meer oor:  Johan Du Toit  |  Franschhoek  |  Uitgestel  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.