Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Geen borgtog,’ eis mense ná Boshof-moorde

Die vermeende moordenaars van ’n geliefde egpaar wat grusaam op hul plaas in die Boshof-distrik vermoor is, verdien nie om op borgtog vrygelaat te word nie.

Daarom beplan inwoners van Boshof in die Vrystaat om Donderdag om 08:00 ’n grieweskrif aan amptenare by die landdroshof op dié dorp te oorhandig waarin hulle vra dat Lolo Johannes Sekgoro (41), Daniël Sidas Lephele (44), Daniël Tsekiso Selwane (28) en Terrence Kat Thami nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die mans doen Donderdag aansoek om borgtog ná die moord op Sakkie (67) en Ina van der Berg (62). Die egpaar is op 12 Julie op hul plaas Bloubos aangerand en toe vermoor.

’n Begrafnisbrief van die vermoorde Sakkie en Ina van den Berg. Foto: Charné Kemp

Suné Oosthuizen, organiseerder, sê van die mans is reeds vir onverwante misdrywe aangekeer en van hulle is verhoorafwagtend.

“Hulle is nie eerste oortreders nie. As hulle op borgtog vrygelaat word, is daar ’n moontlikheid dat hulle weer kan oortree.”

Sy sê die Van der Berg-egpaar was twee weerlose mense wat nie hulself kon beskerm nie.

“Hulle het nie verdien om op so ’n grusame wyse te sterf nie.”

Oosthuizen sê daarom het hulle as boeregemeenskap besluit om met die grieweskrif te begin.

“Ons kan nie toelaat dat hulle op borgtog vrygelaat word nie.”

Sy sê sedert mense Dinsdagoggend van die grieweskrif te hore gekom het, word hulle oorval met telefoonoproepe en selfs e-posse van mense van oor die land heen.

Oosthuizen sê mense kan die grieweskrif by Suidwes Boshof op die dorp onderteken.

* Sekgoro moet op 5 Augustus weer in verband met die plaasaanval op Japie en Emma van den Berg in die hof verskyn. Japie is op 28 April verlede jaar by sy melkstalle op die plaas Langeveld in die Hertzogville-distrik aangeval en na die plaashuis gedwing waar Emma aangerand is. Hulle was toe onderskeidelik 75 en 74 jaar oud.

’n Werker het hulp ontbied en vyf mans, onder wie Sekgoro, is in hegtenis geneem.

Japie is later in ’n motorongeluk dood en Emma het

verhuis.

Meer oor:  Sakkie Van Der Berg  |  Boshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.