Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Geen borgtog vir NK-onnie wat leerling glo verkrag

’n Noord-Kaapse hoërskoolonderwyser verskyn volgende week weer in die hof op aanklag van die verkragting van ’n skoolmeisie.

Die 25-jarige man is op 30 Oktober aangekeer en het Maandag in die landdroshof op Barkly-Wes om borgtog aansoek gedoen. Dit is geweier nadat die ondersoekbeampte dit teengestaan het.

Die aanklag teen hom spruit uit die beweerde verkragting van ’n 15-jarige leerling tussen Augustus en Oktober vanjaar.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man is op 30 Oktober aangekeer nadat die beweerde verkragting by die skool aangemeld is. Die meisie is na bewering op die skoolperseel verkrag terwyl sy ná skool ekstra klasse by die onderwyser gekry het.

Die Galeshewe-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek die saak.

Ramatseba sê die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat daar meer as een slagoffer is. Die moontlikheid kan verder nie uitgesluit word dat die meisie meer as een keer verkrag is nie, sê hy.

Die onderwyser is reeds deur die Noord-Kaapse departement van onderwys ontslaan ná ’n tugverhoor.

Die oudonderwyser moet nou weer op 11 November in die hof verskyn.

Ramatseba het slagoffers van seksuele misdrywe aangemoedig om die stilte te verbreek en die gereg toe te laat om streng teen oortreders op te tree.

* Die polisie moedig ook mense aan om die selfoon-app MySAPSApp af te laai om maklik toegang tot die polisie te kry. Met die app kan mense ook wenke en inligting oor misdaad anoniem aan die polisie verskaf.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Hof  |  Onderwyser  |  Vermeende Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.