Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘G'n rede om te glo dat regters korrup is’

Hy twyfel geensins in die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se regters nie.

So het regter Roland Terence Sutherland van die Gautengse hooggeregshof Maandag aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) in sy onderhoud vir die pos as adjunk-regterpresident van Gauteng gesê. Hy is die enigste aansoeker vir dié posisie.

Volgens Sutherland het hy nog nooit enige rede gehad om te dink dat regters oneties of korrup is nie.

“Daar het nog nooit ’n regter oor my pad gekom wat ek gemeen het korrup is of omgekoop kan word nie.

“Dit sou oordrewe wees om te dink dat jy voor ’n korrupte regter sal verskyn. Volgens die inligting tot my beskikking is hierdie bewerings vals,” het hy gesê.

Dunstan Mlambo, Gautengse regter-president, wou Maandag by die 70-jarige Sutherland weet of sy ouderdom nie ’n faktor sal wees nie.

“Die opvatting dat jy op 70 oor die muur is, is oudmodies – 70 is die nuwe 50, volgens my. Ek dink u sal vind dat mense van my generasie tot in hul 80’s werk. As daar ook enigiemand in hierdie kommissie is wat in drie en ’n half uur 100 km per fiets kan aflê, nooi ek jou om dit saam met my te kom doen,” het hy geantwoord.

Ek ontken nie dat my wit vel my van onderdrukking vrygestel het nie. Maar die effek wat dit op my loopbaan gehad het, is veel meer ingewikkeld as net dit.

Sutherland is sedert die 1970’s in die regte en het reeds twee jaar lank adjunk-regterpresident waargeneem.

Hy moes ook Woensdag talle vrae oor ras en apartheid trotseer.

“Ek ontken nie dat my wit vel my van onderdrukking vrygestel het nie. Maar die effek wat dit op my loopbaan gehad het, is veel meer ingewikkeld as net dit.

“Ek het nie grootgeword in ’n ryk familie nie. Die rede hoekom ek direk ná skool die staatsdiens betree het, was omdat ek die beste van ’n beurs gemaak het om myself met kennis te verryk. Ek en my broers was die eerstes in ons gesin om die binnekant van ’n universiteit te sien. So ek is beslis nie ’n voorbeeld van iemand wat met ’n silwerlepel in die mond gebore is nie. Ek het op my eie hier gekom.

“Ek is bewus van apartheid en sy voordele, maar ek kan met eerlikheid sê dat ek nooit die apartheidsprojek gedien het nie,” het Sutherland in antwoord op ’n vraag deur Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gesê.

Sutherland is gevra hoeveel swart en vroue- junior advokate hy al in sy lewe opgelei het. “Die helfte van my juniors was swart en vroue,” het hy geantwoord.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.