Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gekonkel oor moord begin glo in kerk
Ntau Lucas Mokoena
Ntau Lucas Mokoena is in sy huis vermoor. Foto: Facebook/ntaulucas.mokoena

Die plan vir ’n huurmoord op ’n opkomende boer van Bloemfontein is glo in die einste kerk waar hy elke Sondag 'n diens bygewoon het, tussen sy vrou en hul profeet bedink.

Elvis Galeboe (31), ’n profeet van Livingston Revival Ministries, het Maandag vlugtig in voetboeie voor landdros Ryan Ishmail op aanklag van sameswering om moord te pleeg in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Elvis Galeboe Foto: Facebook

Hy is ook nou ’n beskuldigde in die vermeende huurmoord op Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, verlede maand in sy huis in Fichardt Park in die stad.

Galeboe se formele aansoek om borgtog is tot later die week uitgestel wanneer hy saam met Mokoena se vrou Kelebogile Louisa Mokoena (51), ’n verpleegster, in die beskuldigdebank sal verskyn.

Galeboe, wat deur sy volgelinge as Major Prophet Elvis Exalted of Abba Elvis Exalted of Prophet Galeboe bekend is, word glo as die middelman tussen Kelebogile en die huurmoordenaars beskou.

Na verneem word het die egpaar huweliksprobleme gehad en sy het gereeld by Galeboe raad gevra.

Hy het na bewering die drie huurmoordenaars genader en as koppelaar opgetree.

Sy verskyning in die hof spruit glo uit die bekentenis wat Kelebogile afgelê het oor wie watter rol die aand van 8 Julie in haar man se skietdood in hul huis in Schnehage-singel gespeel het.

Galeboe is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat die polisie sy motor in Universitas in die stad voorgekeer het.

Die vermeende huurmoordenaars is nog op vrye voet.

Johan de Vries kla aan.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir Galeboe op.

Meer oor:  Ntau Lucas Mokoena  |  Bloemfontein  |  Huurmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.