Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gelyke Kanse se aansoek voorlopig van rol gehaal

Sy aansoek vir die tersydestelling van die Universiteit Stellenbosch se 2016-taalbeleid is voorlopig van die rol van die konstitusionele hof verwyder, het die organisasie Gelyke Kanse Maandag gehoor.

Dit sou op 13 September aangehoor word.

Die stap volg sodat die saakrekord van 6 000 bladsye in Engels vertaal kan word.

Gelyke Kanse sê in ’n verklaring dat hy die vertraging betreur, maar is tevrede omdat die hof klaarblyklik die saak met groot erns bejeën.

Met die oorspronklike mislukte aansoek in 2017 in die Kaapstadse hooggeregshof is versoek dat die US-taalbeleid tersyde gestel word. Daar is gevra dat die vorige beleid van November 2014 weer in werking gestel word.

In die aansoek is ook gevra dat die hof beslis dat die taalbeleid aan Afrikaans ’n “mindere plaats” vergeleke met Engels gee.

Regters Dlodlo en Savage het in November verlede jaar die aansoek om ’n bykomende verklaring in te dien en US-raadslid Johan Theron te dagvaar om te getuig, met koste van die hand gewys.

Ná die uitspraak, het die US-bestuur gesê hy beskou dit as “bevestiging van die US se verbintenis tot meertaligheid en inklusiwiteit soos in die taalbeleid vervat”.

Die saak handel oor die US-raad se besluit om ’n nuwe taalbeleid in Junie 2016 goed te keur.

Die huidige beleid maak voorsiening vir onderrig in minstens Engels terwyl Afrikaans as akademiese taal behou en ontwikkel word.

In die hofsaak het Gelyke Kanse aangevoer dat ’n irrasionele proses gevolg is om die nuwe beleid te aanvaar en dit deur die rektor se bestuurspan gedryf is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.