Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gelykheidshof kyk nou na rasklag teen Etzebeth

Die klag van beweerde rassisme wat teen die Springbok-slot Eben Etzebeth by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien is, gaan na die gelykheidshof verwys word.

Eben Etzebeth voor die Springbokgroep se vertrek na Japan. Foto: deaan vivier

Die MRK het dit Vrydag aan Sammy Claassen, ’n klaer, en Vanessa Doble, hoof van regs- en voldoeningsaangeleenthede by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), asook Khaya Mayedwa, senior bestuurder van regerings- en belanghebbende verhoudinge by Saru, op ’n vergadering met hulle by die kommissie se kantoor in Kaapstad bekend gemaak.

Etzebeth, wat die klag teen hom ten sterkste ontken, speel Saterdag in die Springbokke se openingswedstryd in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

Tammy Carter, senior regsverteenwoordiger van die MRK, het ná die vergadering aan joernaliste gesê dat die gelykheidshof eers sal ondersoek instel of die saak verhoor sal word of nie.

Die klag spruit uit ’n voorval verlede maand op Langebaan aan die Weskus. Die bewering is dat Etzebeth en ’n groep mense wat saam met hom was twee mans aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  Rasklag  |  Menseregtekommissie  |  Gelykheidshof  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.