Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Genadedood: Saak teen Davison na hooggeregshof

Die moordsaak teen prof. Sean Davison, kampvegter vir genadedood, is Vrydag oorgeplaas na die hooggeregshof in Kaapstad.

Davison, stigter van DignitySA, het vlugtig in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is tot 19 Junie vir ’n voorverhoor in die hooggeregshof.

Sean DavisonFoto: Jaco Marais

Hy staan tereg vir die moord op dr. Anrich Burger in 2013, Justin Varian in Julie 2015 en Richard Holland in November 2015.

Davison se borgtog is tot sy volgende hofverskyning verleng en hy hou vol dat hy geen misdaad gepleeg het nie.

Hy is in 2018 in verband met die dood van Burger, sy vriend, in hegtenis geneem nadat hy ’n jaar ná sy dood erken het dat hy hom gehelp om sy eie lewe te neem.

Burger is in ’n motorongeluk verlam.

Daarna is Davison ook aangekla in verband met Varian se dood op 25 Julie 2015 in Fresnaye. Varian het aan motorneuronsiekte gely.

In April is Davison ook aangekla nadat hy glo Holland gehelp het om sy eie lewe te neem.

Volgens die staat het Davison na bewering op 8 November 2015 in Constantia vir Holland ’n noodlottige dosis medisyne toegedien en hom met voorbedagte rade doodgemaak.

DignitySA beywer hom vir wetgewing wat volwassenes toelaat om self te besluit om met waardigheid te sterf.

Dr. Anrich Burger en prof. Sean Davison. Foto: Huisgenoot
Justin VarianFoto: Facebook
Richard HollandFoto: Facebook

Meer oor:  Dignitysa  |  Prof. Sean Davison  |  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.