Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gepoogde afpersing oor ivoor lei tot ‘Valke-lid’ se arres

’n Man wat hom glo as ’n lid van die Valke voorgedoen het en ’n sakeman na bewering afgedreig het toe hy vier olifanttande wou verkoop, het in Parys in die Vrystaat in die hof verskyn.

Die vier olifanttande wat daartoe gelei het dat die man wat hulle laat bewaar het deur ’n swendelaar afgedreig is.

Ao. Lynda Steyn, Valke-woordvoerder, sê ene Albert Bezuidenhout het vier olifanttande besit, waarvoor hy permitte gehad het. Bezuidenhout het die tande by Sakkie Vermeulen in Parys in veilige bewaring laat hou. Vermeulen besit ’n vervoeronderneming en bied ook bergingsgeriewe aan mense wat artikels wil stoor.

Bezuidenhout het kanker gekry en is in April dood, waarna Vermeulen Bezuidenhout se broer, André, gebel het om te hoor of hy die ivoor wil hê.

Volgens Steyn het André gesê hy wil dit nie hê nie en het hy Vermeulen toestemming gegee om die ivoor te verkoop.

Vermeulen het uitgevind dat Deon Laubscher van Vredefort die ivoor kan verkoop en het dit aan hom oorhandig.

Steyn sê Vermeulen het ’n ruk daarna ’n oproep gekry van ’n man wat gesê het hy is kapt. Alberts van die Valke en dat hy Laubscher in hegtenis geneem het, maar hom (Vermeulen) sal laat gaan as Vermeulen hom R40 000 betaal.

Alberts het toe vir Vermeulen in Parys gaan besoek om die omkoopgeld te gaan haal.

Terwyl Alberts by Vermeulen was het sy selfoon gelui en het Vermeulen gesien die nommer is dieselfde as die een wat Laubscher gebruik.

Vermeulen het die polisie in Tumahole, Parys, gebel waarna Alberts, wat toe nié ’n Valke-lid is nie, in hegtenis geneem is. Die polisie het die ivoor in Alberts se huis gekry en daarop beslag gelê.

Volgens die polisieondersoek was Alberts en Laubscher kop in een mus. Alberts se voertuig is gekonfiskeer en hy het verlede week Woensdag op aanklag daarvan dat hy hom as ’n polisielid voorgedoen het, asook vir omkopery en afdreiging, in die hof in Parys verskyn.

Alberts is in aanhouding en verskyn weer op 20 November in die hof wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

Meer oor:  Valke  |  Parys  |  Afpersing  |  Ivoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.