Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Geregtigheid byna 6 jaar ná seun se dood

Byna ses jaar ná die moord op haar seun in 2015 het geregtigheid vir Avril Andrews gekom toe die moordenaar 18 jaar tronkstraf opgelê is.

Alcardo Andrews is in Oktober 2015 doodgeskiet in ’n bende-voorval in Hanover Park. Hy was 28 jaar oud en die pa van ’n vyfjarige kind.

Avril Andrews
Avril Andrews (59) Foto: Verskaf

Sy moordenaar, Fasieg Esau (36), is Vrydag in die distrikshof in Wynberg vir 18 jaar tronk toe gestuur vir dié moord.

Avril sê hoewel die uitspraak nie haar kind terugbring nie, “gaan dit oor geregtigheid. Dit is vir my belangrik dat my familie weet ek het vir geregtigheid baklei.”

Avril meen in vandag se tye “loop te veel sondaars vry rond in die strate”.

Sy sê sy het die man wat haar kind geskiet het, as ’n klein seuntjie geken.

Mense is bang hulle word doodgemaak as hulle iets sê.

“Ek weet wie hy is. Ek het hom al lankal vergewe en nou het hy tyd om te sit en besin oor wat hy gedoen het.”

Maar die seer van haar kind se dood sal nooit sal weggaan nie. “Hoewel jy die pyn beter hanteer, is dit maar altyd daar,” sê sy.

Die 59-jarige Avril en haar seun het in 2015 in Hanover Park  ’n program vir jong ouers begin voordat hy in Oktober daardie jaar doodgeskiet is.

Ná sy dood het sy die Alcardo Andrews-stigting begin. Die Moms Move For Justice-beweging is ook uit die Alcardo Andrews-stigting gebore en in dieselfde jaar op die been gebring.

Alcardo Andrews
Alcardo Andrews Foto: Verskaf

Die organisasies bestuur onder meer voedingskemas en probeer bewustheid skep oor bendegeweld en die uitwerking wat dit op die familie van slagoffers het.

Avril vertel Alcardo is op 28 Oktober geskiet.

Sy sal die volgende oggend nooit vergeet nie.

“Ek en my man moes vroegoggend opstaan en het heeltyd op en af in die pad geloop om water aan te dra om ons kind se bloed in die pad af te was,” sê sy.

“Mense kon ons nie eens in die oë kyk nie. Ek dink hulle was te bang ons vra of hulle iets gesien het. Mense is bang hulle word doodgemaak as hulle iets sê.”

Meer oor:  Wynberg  |  Johannesburg  |  Moord  |  Geregtigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.