Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gerrie Nel op Molefe se spoor

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, sal Dinsdag bekend maak watter regstappe teen Brian Molefe, vorige uitvoerende hoof van Eskom, gedoen sal word.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dié aankondiging Maandag in ’n verklaring gemaak.

Brian Molefe. Foto: Denzil Maregele

Hy sê Nel sal “omvattende stappe” aankondig om Molefe “tot verantwoording te roep”.

Die stappe teen die voormalige Eskom-baas kom nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG), volgens Solidariteit, nog nie begin het met vervolging teen Molefe nie nadat Solidariteit klagte teen hom ingedien het.

Die stappe teen Molefe sluit volgens Hermann onder meer in moontlike private vervolging en die moontlike beslaglegging op Molefe se bates.

“Solidariteit wil deur dié optrede teen Molefe bydra tot ’n kultuur van verantwoordbaarheid in Suid-Afrika. Ons mag nie toelaat dat die plunderaars van belastinggeld wegkom nie,” sê Hermann.

Die konstitusionele hof het verlede week Dinsdag Molefe se aansoek om verlof tot appèl teen ’n beslissing van die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys.

Die hooggeregshof het in Januarie verlede jaar beslis dat Molefe die R10 miljoen wat hy ná sy uittrede by Eskom ontvang het, moet terugbetaal.

Molefe het aanvanklik in November 2016 bedank, maar het later aangevoer hy het nie eintlik bedank nie, maar afgetree, waarvolgens hy geregtig sou wees op ’n pensioenuitbetaling van R30 miljoen.

Daarvan het hy dadelik meer as R10 miljoen ontvang.

In Mei 2017 is Molefe kortstondig heraangestel, blykbaar omdat Lynne Brown, destyds minister van openbare ondernemings, nie wou instem tot sy goue handdruk nie.

Hy is in Junie 2017 finaal afgedank, sonder die volle pakket. Toe het die hofgedinge begin om hom te dwing om die R10 miljoen wat hy reeds ontvang het, terug te betaal.

Molefe het aanvanklik bedank nadat hy in adv. Thuli Madonsela, vorige openbare beskermer, se verslag oor staatskaping by bedrog betrek is.

Meer oor:  Afriforum  |  Adv. Gerrie Nel  |  Brian Molefe  |  Politiek  |  Hof  |  Vervolging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.