SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Gerrie vs. Julius: Só werk private vervolging
Julius Malema Foto: Argief

Ten einde Julius Malema privaat te kan vervolg, sal AfriForum eers ’n nolle prosequi-sertifikaat van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet bekom, sê ’n kenner van die Suid-Afrikaanse strafreg.

Die sertifikaat dien as amptelike bevestiging dat die NVG daarvan afstand doen om iemand te vervolg, en dit moet uitgereik word voordat enigiemand private vervolging kan instel.

AfriForum het Donderdagoggend aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van sy private vervolgingseenheid, die EFF-leier privaat gaan vervolg weens beweerde bedrog en tenderkorrupsie as die NVG die saak teen Malema nie herinstel nie.

Die klagte teen Malema hou verband met die destydse beweerde korrupte bedrywighede van die maatskappy On-Point Engineering in Limpopo, waarin Malema se Ratanang-familietrust ’n belang gehad het. Die Valke het die klag ondersoek en glo bewyse van korrupsie gevind, maar die saak teen Malema is in 2015 van die rol geskrap nadat een van Malema se medebeskuldigdes, Kagiso Dichaba, die verhoor weens siekte nie bygewoon het nie.

Benewens die klagte van korrupsie en bedrog is AfriForum ook besig met twee ander sake teen Malema.

Volgens Ulrich Roux, ’n prokureur van Johannesburg, is dit die NVG se plig om ’n beskuldigde te vervolg as daar ’n redelike vooruitsig is dat die vervolging suksesvol kan wees.

Roux sê die besluit om te vervolg word geneem op grond van inligting en getuienis wat in die dossier vervat is nadat die polisie hul ondersoek voltooi het.

As die NVG besluit om iemand nié te vervolg nie, word die dossier aan die persoon wat die private vervolging instel, oorhandig mits hulle ’n nolle prosequi-sertifikaat daarvoor bekom het.

“Die sertifikaat is nodig omdat dit absolute chaos sou wees as enigiemand net kon besluit hy gaan ’n ander persoon privaat vervolg,” sê Roux.

Die proses om iemand privaat te vervolg, is presies dieselfde as wanneer die NVG die persoon sou vervolg en enige private persoon wat ’n wesenlike en besonderse belang kan bewys weens die misdryf, kan ’n vervolging instel.

AfriForum

“Dit vind soos ’n gewone vervolging plaas. Die enigste verskille is dat ’n klein bedrag as sekuriteit by die hof betaal moet word en dat ’n private prokureur of advokaat die vervolging lei.”

Roux meen die kans op sukses met private vervolging is dieselfde as wanneer iemand deur die NVG vervolg word.

“Dit is steeds ’n objektiewe regter wat oor die saak sal beslis. Dit gaan alles oor hoe jy die inligting en getuienis tot jou beskikking gebruik om die persoon wat vervolg word, skuldig te bewys.”

Roux sê hy kan nie bespiegel oor waarom die NVG nog nie die vervolging teen Malema heringestel het nie, maar sê dis belangrik om te onthou dat die NVG wel aangedui het hulle sal teen Augustus hul besluit hieroor bekend maak.

“Dit blyk die enigste rede waarom die saak van die rol geskrap is, was dat Dichaba siek was. Ons het nou gehoor Gerrie Nel sê dit lyk of hy springlewendig en gesond is. As die NVG wel besluit om weer te vervolg, is AfriForum uit die prentjie uit.”

Benewens die klagte van korrupsie en bedrog is AfriForum ook besig met twee ander sake teen Malema. Volgens ’n mediaverklaring tref AfriForum saam met AfriSake voorbereidings vir ’n saak van minagting van ’n 2017-hofbevel teen Malema. Dié hofbevel is bekom om Malema te verbied om mense aan te hits om grond te beset.

“Met sy jongste uitsprake oortree Malema die hofbevel en maak hom sodoende skuldig aan minagting van die hof,” lui AfriForum se verklaring.

’n Klag van aanhitsing om misdaad te pleeg is ook deur AfriForum ingedien en sal op 27 Julie deur die streekhof in Bloemfontein aangehoor word.

Meer oor:  Julius Malema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.