Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gestremde (11) se ‘aanrander’ laat vaar saak

’n Versorger wat op video opgeneem is waar sy na bewering ’n gestremde kind aanrand, het haar planne laat vaar om haar afdanking te betwis.

Die versorger het die pa van die 11-jarige meisie ná haar afdanking na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gesleep. Sy werk glo die afgelope vier jaar vir die pa.

Haar saak is Donderdag in Johannesburg aangehoor.

Sy het aangevoer dat die pa haar wederregtelik afgedank het nadat ’n “beweerde aanranding plaasgevind het”.

Sy was ook ontevrede omdat sy nie vooraf kennisgewing van haar afdanking ontvang het nie, en het ’n volle maand se salaris geëis.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade in Douglasdale, Johannesburg, ondersoek ’n saak van kindermishandeling.

’n Video is verlede maand op sosiale media versprei wat wys hoe die versorger na bewering die meisie op 21 September in die Kindecaire Special Needs-dagsorgsentrum in Johannesburg aanrand.

Oor die videomateriaal waarin sy na bewering die meisie skop en teen die kop klap, beweer sy dat hulle “net gespeel het”.

Volgens die pa het die versorger Donderdag dieselfde aan die arbiter van die KVBA gesê.

Hy het die video aan die arbiter gewys. Die arbiter het die versorger meegedeel dat indien haar saak vir arbitrasie verwys word, sal die video as getuienis teen haar gebruik word.

Die versorger het daarna besluit om haar saak terug te trek.

Sy het buite die KVBA se kantore aan Netwerk24 gesê dat sy “oukei sal wees” en dat sy geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid het nie.

Sy wou ook nie kommentaar lewer oor die strafregtelike saak wat die ouers by die polisie teen haar aanhangig gemaak het nie.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade in Douglasdale, Johannesburg, ondersoek ’n saak van kindermishandeling.

Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder, kon Donderdag nie sê hoe die saak vorder en wanneer versorger in die hof sal verskyn nie.

Meer oor:  Kvba  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.