Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gestremde meisie getuig deur tablet in hof

’n Gestremde meisie (14) wat nie kan lees of skryf nie, het vandeesweek met ’n spesiaal ontwerpte kommunikasie-toestel in die streekhof op Upington teen ’n man getuig wat haar na bewering verkrag het.

Die verhoor word in camera gehou en die media word nie toegelaat nie.

Inge Reinert, ’n maatskaplike werker, sê dit het goed gegaan toe die meisie oor die verkragting sewe jaar gelede getuig het. Ook onder kruisondervraging Dinsdag het sy haar goed van haar taak gekwyt.

“Soms het sy haar antwoord verbaal op haar manier gegee as sy om die een of ander rede nie die tablet wou gebruik nie.”

Reinert het voorheen by die Vereniging vir Mense met Gestremdhede (APD) gewerk, wat by die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede (NCPD) geaffilieer is.

Sy het sewe jaar lank gespook om geregtigheid vir die meisie te verkry.

Die vermeende verkragter is glo ’n familielid.

Reinert het in 2012 van die voorval te hore gekom toe die meisie se pleegouers besef het iets skort nadat sy oor die beweerde voorval gepraat het.

Volgens Reinert het die meisie se ma ’n klag by die polisie ingedien, maar die saak het gesloer omdat die owerhede gevrees het haar getuienis sou weens haar gestremdheid nie in ’n hof aanvaar kon word nie.

Reinert sê die pleegmoeder sal vandeesweek getuig oor die invloed wat die verkragting op die kind gehad het.

“Ek gaan getuig oor die kwessies wat mense met gestremdhede in die gesig staar, en die uitdagings om toegang tot die howe te kry,” sê Reinert.

Reinert het voorheen aan Netwerk24 gesê dié verhoor kan wêreldwyd opslae maak indien dit kan lei tot die toekomstige suksesvolle vervolging van oortreders wat gestremde mense misbruik.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Upington  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.