Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gevangene laat by hof ná bendegeveg in tronk

’n Geveg tussen bendelede het veroorsaak dat ’n verhoorafwagtende gevangene laat by die hooggeregshof in Kaapstad besorg is.

So het die hoof van die maksimum B-afdeling van die Pollsmoor-gevangenis, net bekend as kapt. Abba, Maandag in die hof getuig.

Regter Mushtak Parker, wat tans die saak van ’n versorger wat haar baas in Stellenbosch vermoor het, aanhoor, het op 15 Augustus ’n lasbrief vir Abba van die departement van korrektiewe dienste (DKD) uitgereik nadat die beskuldigdes (in dié saak) byna ’n uur laat by die hof aangebring is.

Die hoof van maksimum B-afdeling van Pollsmoor-gevangenis, net bekend as kapt. Abba, sit Maandag in die hooggeregshof om te verduidelik waarom ’n gevangene laat hof toe gebring is.

Die beskuldigdes na wie Parker verwys, is Nicoleze Geldenhuys, die versorger wat Marie Verwey, ’n gastehuiseienaar van Paradyskloof, Stellenbosch, glo vermoor het.

Geldenhuys staan saam met haar medebeskuldigdes, Romeo Hendricks, Enrico Malherbe en André Coetzee, op aanklagte van moord op Verwey (80) en roof met verswarende omstandighede tereg.

Verwey is op 16 Februarie 2017 in haar gastehuis in Cynaroidesweg in Paradyskloof, Stellenbosch, vermoor.

Parker het Maandagoggend vir Abba gevra wat die rede vir die laatkommery was.

Abba het verduidelik die oggend toe die beskuldigdes vroeg hof toe gebring moes word, het ’n bakleiery onder sowat 56 gevangenes, waaronder lede van die 28’s-bende, uitgebreek. Al die DKD-lede is ná die bakleiery ontbied om orde te bring. Dit was van dié lede wat die beskuldigdes hof toe moes bring. Abba het verduidelik die bakleiery het al ’n vorige naweek (11 en 12 Augustus) begin toe twee gevangenes mekaar gesteek het en hulle na die hospitaal geneem is.

Parker het gesê dit is onaanvaarbaar dat die hof nie ingelig word wanneer die DKD laat gaan wees nie.

“Dit is nie hoe dinge werk nie. As ek laat is, vra ek om verskoning en ek verskaf ’n rede waarom ek laat is. Ek verwag dieselfde van julle,” het hy aan Abba gesê.

“Die DKD dink hulle kan doen wat hulle wil, maar dit sal nie in hierdie hof geduld word nie.”

Parker het gesê hy verwag dat iemand aan hom moet om verskoning vra wanneer die DKD laat is.

“Ek dring op ’n verskoning aan en nie dat die lede hier kom sit en niks doen nie.”

Abba het verduidelik hy het reeds ’n oplossing om te verhoed dat so iets weer gebeur. Hy het twee spesifieke DKD-lede aangewys wat die gevangene hof toe sal bring en indien daar weer ’n situasie is wat bystand benodig, sal hierdie lede nie ook hulp verleen nie. Hulle sal net fokus op die vervoer van die gevangene.

Parker het Abba verskoon.

Die saak sal Dinsdag voortgaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.