Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Geveg oor Philippi-landbougrond draai in hof

’n Geveg oor ’n stuk landbougrond net buite Kaapstad draai aanstaande week in die plaaslike hooggeregshof.

Die Philippi Horticultural Area Plan (PHA) gaan Anton Bredell, LUR vir omgewingsake, ontwikkelingsbeplanning en plaaslike regering, sy departement en die Kaapstad-metroraad op 15 en 16 Oktober in die hof uitdaag oor die bewaring van ’n stuk landbougrond wat sowat ’n derde van 3 000 ha beslaan.

Luidens Nazeer Sonday, sameroeper van die PHA, wil hulle die metroraad se voorstel vir twee behuisingsontwikkelings op van dié grond uitdaag.

“Daar word al dekades op hierdie grond geboer en ’n derde van Kaapstad se varsprodukte kom van hier af,” sê Sonday.

Dit is geleë op die Kaapse Vlakte-akwifer wat ’n belangrike bron van water vir dié gebied is.

Die PHA gaan hoofsaaklik administratiewe besluite deur Bredell en die departement beveg om dele van die grond te hersoneer vir gemengdegebruik-ontwikkeling.

“Die PHA is kosbaar en dit word bedreig. Ons moet dit beskerm. Dit behoort aan ons almal en ons kan nie tou opgooi oor ’n paar gretige ontwikkelaars nie.

“Elke hektaar het ’n doel. Elke keer as ’n politikus sê hulle gee om vir die PHA, voel dit asof hulle ’n stuk daarvan wil ontwikkel. Genoeg is genoeg. Ons gaan nie toelaat dat hulle ons kos, omgewing en voortbestaan wegneem nie,” het hy gesê.

Nazeer Sonday in een van die sonneblomlande in Philippi. Foto: Adrian de Kock

Luidens ’n verklaring word daar 5 000 werkgeleenthede hier geskep wat ’n indirekte impak op 55 000 mense het.

Sonday voer aan daar is verskeie studies oor die goeie werk wat op die grond gedoen word, maar dat die LUR en die metroraad dit geïgnoreer het toe hulle besluit het om dit te ontwikkel.

Hierdie studies sluit ook die rol in wat die PHA speel in onder meer plaaslike voedselsekerheid, die instandhouding van die grens met die stadsgebied, die PHA se erfeniswaarde en die grondhervormingspotensiaal.

Daar word ook betwis wie jurisdiksie het oor so ’n besluit en of dit nasionaal is of ingevolge die Wet op Onderverdeling van Landbougrond.

Verder sal die PHA aanvoer die metroraad en die provinsie het nie hul grondwetlike verpligtinge van samewerking nagekom nie en die mandaat van die nasionale departement van landbou, naamlik voedselsekerheid en om landbougrond te beskerm, verontagsaam.

“Dit is nou tyd dat ons die politici en besluitnemers verantwoordelik hou vir ons toekoms.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.