Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 polisielede in k-woord-saak moet dadelik boetes betaal

Die twee polisielede in Noordwes wat ’n kollega valslik van rassime beskuldig het, is Vrydag gevonnis.

Hulle is altesame agt jaar tronkstraf in die Stilfontein-streekhof opgelê, maar dis opgeskort.

Dit beteken Sedisa Tikoe (53) en Chris Mphana (54) sal nie tronk toe gaan tensy hulle binne die volgende vyf jaar soortgelyke oortredings begaan nie.

Johan Le Grange, ao. Sedisa Tikoe (links) se prokureur, praat met hom nadat die vonnis opgelê is. Langs Tikoe sit ao. Chris Mphana. Foto: Susan Cilliers
Ao. Sedisa Tikoe Vrydag in die Stilfontein-streekhof. Foto: Susan Cilliers

Hulle is ook elk met R60 000 beboet vir crimen injuria, maar indien hulle nie R30 000 daarvan nou betaal nie, gaan hulle 18 maande tronk toe.

Tikoe se agt jaar tronkstraf sluit ’n jaar tronkstraf in vir ’n klag van aanranding waaraan net hy skuldig bevind is. Mphana is altesame sewe jaar tronkstraf opgelê. Albei is van crimen injuria, meineed en dwarsboming van die gereg aangekla.

Landdros Charlotte Oosthuizen-Senekal het in Junie bevind die twee lede het gejok toe hulle op 28 Februarie 2017 in ’n beëdigde verklarings beweer het hul afdelingshoof het hulle met die k-woord geskel.

Lt.kol. Annemarie Oosthuizen het ook fisiek bedreig gevoel toe Tikoe die vorige dag sy vinger vir haar geswaai en vir haar gesê het hy sal haar opf*k. Hy is daarom ook aan aanranding skuldig bevind. Oosthuizen was in daardie stadium hoof van die polisie in Klerksdorp se menslike hulpbron-afdeling.

Renate Barnard van die Solidariteit-beweging (links), en lt. kol. Annemarie Oosthuizen Vrydag in die Stilfontein-streekhof. Solidariteit het Oosthuizen in die hofgeding ondersteun. Foto: Susan Cilliers

Sy is ná die bewerings teen haar onskuldig bevind tydens ‘n interne tugverhoor. Die getuienis van Elizabeth Sechele, ’n kollega, het ’n deurslaggewende rol gespeel. Sechele, wat ook in die hofsaak teen Mphana en Tikoe getuig het, het besluit om nie stil te bly nadat sy gehoor het hoe die twee saamweer om Oosthuizen te beskuldig nie.

Tikoe en Mphana hou vol hulle is onskuldig en sê hulle gaan appelleer.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Amanda Oosthuizen  |  Chris Mphana  |  Sedisa Tikoe  |  Klerksdorp  |  Crimen Injuria  |  Hof  |  K-Woord  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.