Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gewese aanklaer getuig in Omotoso se borgtog-aansoek

Beskuldigings van rassisme en die onttrekking van ’n staatsadvokaat in die verhoor van die beweerde seksoortreder past. Timothy Omotoso was Donderdag deel van Omotoso se aansoek om borgtog in die hooggeregshof in Port Elizabeth.

Past. Timothy OmotosoFoto: Lulama Zenzile

Omotoso en sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusanda Sulani, staan tereg op meer as 90 aanklagte wat verband hou met verkragting, rampokkery, mensehandel en seksuele aanranding.

Slegs Omotoso is sedert die trio se inhegtenisneming in 2016 hangende die uitkoms van die verhoor in aanhouding.

Toe die hofsaak vandeesweek hervat, het Peter Daubermann, Omotoso se regsverteenwoordiger, aangedui sy kliënt wil om borgtog aansoek doen.

Hy het adv. Terry Price opdrag gegee om die borgtogaansoek te hanteer.

Price het Woensdag adv. Ishmet Cerfontein geroep om te getuig. Sy was voorheen een van die staatsaanklaers in die saak, maar dit het Woensdag aan die lig gekom dat sy haar intussen onttrek het.

Hy het Cerfontein laat getuig omdat hy meen sekere dinge wat tussen haar en van die staatsgetuies gebeur het, het ’n impak op die hofsaak.

Om sy stelling te staaf het Price verwys na ’n brief van die Cheryl Zondi-stigting, waarin sy namens sekere van die staatsgetuies hul ontevredenheid met Cerfontein uitspreek.

Zondi het vir die staat teen Omotoso getuig.

In die brief word Cerfontein onder meer as ’n rassis bestempel.

Cerfontein het getuig sy het haar weens etiese redes aan die saak onttrek. Sy sê sy voel beledig deur die aantygings in die brief.

Omotoso se borgaansoek duur Donderdag voort.

Meer oor:  Timothy Omotoso  |  Port Elizabeth  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.