Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gewese regsman 6 jaar tronk toe weens miljoene

Henri Coetzee (62), die gewese prokureur wat vroeër skuldig bevind is aan bedrog, diefstal en geldwassery, is Dinsdag ses jaar effektiewe gevangenisstraf in die streekhof in Kimberley opgelê.

Hy het vroeër skuld op een aanklag van bedrog, 16 aanklagte van diefstal deur verduistering en 16 aanklagte van geldwassery beken.

Sy kinders het hom totsiens gesoen voordat hy na die selle gebring is.

Henri Coetzee (62), gewese prokureur van Len Coetzee ing. Foto: Charné Kemp

Hy is ses jaar gevangenisstraf vir die aanklagte van bedrog en diefstal weens verduistering en vier jaar weens geldwassery opgelê. Die vonnisse word samelopend uitgedien.

Adv. Sakkie Nel, namens Coetzee, het ter strafversagting aangevoer die mediese toestand van Coetzee se oorlede vrou weens beenmurgkanker en die gevolglike mediese koste het hom die geld laat misbruik.

Die egpaar is haar inkomste kwyt nadat sy haar pos weens haar siekte bedank het. Hul vriendekring het weens die bewerings gekwyn.

Hy kon ingevolge ’n interdik in 2011 nie meer as prokureur werk nie en het nie ’n inkomste gehad nie. Hy moes sy vrou tuis versorg.

Teen 2013 het hy sowat R4 miljoen aan sy skuldeisers geskuld.

Hy het ook sowat R3,9 miljoen van sy kliënte se geld in die trustrekening misbruik en die werklike toedrag van sake van sy kliënte weerhou.

Benewens sy vrou se siekte het die spanning van die ondersoek teen hom hom depressief laat voel. Hy het selfdood oorweeg nadat hy al sy bates verloor het.

Van die geld is aan die slagoffers uitbetaal.

Hy het opregte berou.

Adv. Isaac Mphela, die aanklaer, het ter strafverswaring aangevoer Coetzee het nie uit sy vorige veroordeling in 1997 vir poging tot bedrog ’n les geleer nie.

Hoewel die oortreding 20 jaar gelede was, en hy ’n stywe boete en opgeskorte vonnis opgelê is, het dit hom nie daarvan weerhou om weer te oortree nie.

Hy was destyds ook ’n prokureur wat deur die gemeenskap met hul geldsake vertrou is en hy het daardie vertroue ’n tweede keer misbruik.

Mphele het toegegee Coetzee se vrou se siekte was dwingende en wesenlike omstandighede. Tog het Coetzee ook geld gemors.

Hy het geld uit trustrekeninge geneem om vir sy drie kinders se troues te betaal. Hy het nie volgens sy inkomste geleef nie.

Dit spreek van spandabelrigheid, het Mphela aangevoer.

Meer oor:  Trust  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.