Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gewese tuinier skuldig aan moord op Issie

Die bestuurder en een van die stigters van die kinderhuis in Ermelo se gewese tuinier is Dinsdag in die rondgaande hooggeregshof op Breyten in Mpumalanga skuldig bevind aan haar moord en aan roof met verswarende omstandighede.

Issie Dippenaar (58) Foto: Verskaf
Banele Sihlali Foto: Verskaf

Regter Rean Strydom het bevind dat “Jack” Banele Sihlali die 58-jarige Issie Dippenaar op 21 November 2016 met voorbedagte rade van haar bankkaart beroof en haar vermoor het. “Haar PIN is in die proses bekom.”

Strydom het gesê die enigste redelike afleiding op grond van die bewese getuienis voor die hof, is dat Sihlali daarna Dippenaar se lyk en selfoon in haar voertuig gelaai het, “in alle waarskynlikheid omdat hy die lyk wou verwyder, maar hy is deur mnr. Kruger onderbreek. Hy het toe by die huis se agterdeur uitgevlug”.

Abraham Jacobus Kruger, Dippenaar se buurman in Ermelo, het by haar huis gaan ondersoek instel nadat haar ma hom gebel het omdat sy bekommerd oor haar dogter was.

Kruger het iemand in Dippenaar se huis gesien en kort daarna sy buurvrou se lyk, toe nog warm, in haar voertuig se kattebak gevind.

Sihlali is verder skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy Dippenaar se nuwe tuinier, Kenneth Mashego, aangeval het. Mashego het Sihlali vervang nadat sy dienste beëindig is.

Sihlali het Mashego op 10 November 2016 met ’n skroewedraaier aangeval toe dié hom in Dippenaar se motorhuis betrap het.

Sihlali is ook skuldig bevind op vier aanklagte van bedrog nadat hy ná Dippenaar se dood geld met haar bankkaart onttrek het.

Die hof gaan voort met vonnisverrigtinge.

Meer oor:  Issie Dippenaar  |  Tuinier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.