Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gholfstokke: Earl Rose, vriendin sál verhoor word
Die voormalige Springbok-rugbyspeler Earl Rose (middel) kom Vrydag saam met sy regsverteenwoordigers by die landdroshof in Stellenbosch aan. Foto: Jaco Marais

Met ’n mussie laag oor sy kop getrek, het die voormalige Springbok-rugbyspeler Earl Rose (35) Vrydag probeer om ongesiens by die landdroshof in Stellenbosch in te glip.

Rose en sy medebeskuldigde, Lynette van Wyk, het op aanklagte van diefstal verskyn.

Hulle is op 16 Januarie vanjaar met kringtelevisiekameras by die Stellenbosch-gholfklub afgeneem waar hulle twee gholfstokke uit twee spelers se gholfsakke gevat het.

Rose het glo die dag nadat die video van die voorval op sosiale media versprei is, van die artikels aan die gholfklub terugbesorg.

Die saak teen die twee is Vrydag byna deur die landdros van die rol geskrap toe die staatsaanklaer sê die kantoor van die direktoraat van openbare vervolging (DOV) het nog nie besluit of die twee verhoor moet word nie.

Die staatsaanklaer het aan die hof gesê die senior staatsaanklaer in Stellenbosch het vir hom gesê omdat daar media-aandag op die saak is, gaan sy nie die besluit om te vervolg of nie, alleen neem nie. Die dossier is reeds glo op 3 Mei na die kantoor van die DOV gestuur.

Die landdros het daarna gelas dat die staatsaanklaer by die kantoor van die DOV moet vasstel of ’n besluit al geneem is.

Die landdros het ook gesê dat hy die saak nie weer gaan uitstel as ’n besluit nog nie geneem is nie, omdat dit reeds vanaf Januarie op die hofrol is.

Kort voor 11:00 het die staatsaanklaer teruggekeer en die hof ingelig dat ’n besluit geneem is om te vervolg.

Die saak is daarna tot 18 Augustus uitgestel.

Rose en Van Wyk se borgtog is tot dan verleng.

Lynette van Wyk, Earl Rose se medebeskuldigde. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Lynette Van Wyk  |  Earl Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.