Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gibbs in hof oor onderhoud vir seuntjie
Herschelle Gibbs verlaat Woensdag die hof in Kaapstad.

Herschelle Gibbs (44), voormalige aanvangskolwer van die Proteas, het Woensdag in die hof verskyn omdat hy na bewering nie gereeld onderhoud betaal nie.

Gibbs, staatmaker van die SA krieketspan tussen 1996 en 2010, is in die onderhoudshof in Kaapstad deur die ma van sy agt maande oue babaseun gedaag.

Die name van die baba en ma word weerhou om die identiteit van die baba te beskerm.

Die ma is deur Juan Smuts van Abraham&Gross in die hof verteenwoordig toe die saak Woensdag hier voorgekom het.

Gibbs en die ma was in ’n verhouding, maar sy is verlede jaar na Amerika om daar te begin werk. ’n Paar weke ná haar aankoms het sy ontdek sy is swanger. Die baba is in September gebore.

DNS-toetse is gedoen wat bewys Gibbs is die pa van die baba.

Die ma het einde Januarie by die Tableview-polisiekantoor ’n aansoek om ’n onderhoudsbevel teen Gibbs ingedien. Benewens ’n eenmalige bedrag van R15 000 in Januarie 2019, het Gibbs glo versuim om gereeld onderhoud te betaal.

Sy het ’n eis van R17 000 per maand by die hof ingedien. Dit sluit onder meer in ’n finansiële bydrae tot haar en die baba se verblyf, veiligheid, skool, vervoer en mediese onkoste.

Gibbs is op 8 Februarie gedagvaar.

Hy plaas die waarde van die bedrag in geskil en beweer hy kan nie onderhoud bekostig nie.

Hy plaas die waarde van die bedrag in geskil en beweer hy kan nie onderhoud bekostig nie.

Woensdag het die hof ’n tussentydse bevel bekragtig ingevolge waarvan Gibbs R4 500 per maand moet betaal, hangende die finalisering van die saak.

Partye moet op 1 Augustus weer in die hof verskyn wanneer Smuts om ’n finale bevel sal betoog.

* Gibbs was in November 2017 in die hof toe hy skuld beken het op ’n klag van bestuur onder die invloed van alkohol. Hy is R6 000 of drie maande tronkstraf opgelê en het die boete betaal.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Hofverskyning  |  Seuntjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.