Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gigaba se vrou gemaan om nie met getuies in te meng

Nomachule (Norma) Mngoma, vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, is Vrydag gewaarsku om nie met getuies in te meng in die saak waar sy daarvan beskuldig word van die beskadiging van ’n luukse voertuig nie.

Sy het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waarna haar saak tot volgende jaar uitgestel is.

Die staat het aangedui dat die saak nog nie klaar ondersoek is nie.

Nomachule (Norma) Mngoma, vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, Vrydagoggend in die hof. Foto: Isabel Venter

Die Valke, spesiale ondersoekeenheid van die polisie, het Mngoma in Julie by haar huis in Waterkloofrif, Pretoria, in hegtenis geneem, nadat haar man en ’n vriend van hom klagte van crimen injuria en kwaadwillige saakbeskadiging teen haar ingedien het.

Luidens die klagstaat wat Netwerk24 tydens Mngoma se eerste hofverskyning gesien het, het sy ’n Mercedes-Benz G-Wagon beskadig.

Die aanklag van crimen injuria hou verband met beledigende SMS’e wat sy na bewering aan Peterson

Siyaya, ’n vriend van Gigaba, gestuur het.

Mngoma het vroeër ’n dringende aansoek gebring om haar inhegtenisneming onregmatig te laat verklaar.

Regter Cassim Sardiwalla wat dié saak verlede maand in die hooggeregshof aangehoor het, het uitspraak voorbehou en volgens die staat wag hulle nog op die uitkoms in die saak.

Mngoma, wat nou haar nooiensvan gebruik, praat met haar regsverteenwoordiger, Victor Nkhwashu. Foto: Isabel Venter

Mngoma voer aan haar inhegtenisneming is deel van ’n komplot om haar te intimideer en uiteindelik onwettig toegang te kry tot haar elektroniese toestelle om spesifieke inligting uit te wis.

Die Valke, wat op haar tablet en selfone beslag gelê het, ontken die aantygings.

Haar regspan voer egter aan die Valke, wat op prioriteitsmisdade fokus, het buite hul jurisdiksie opgetree. Die polisie moes die saak ondersoek en nie die Valke nie.

Luidens hofstukke het Gigaba in Junie ’n klag by die Valke ingedien oor “’n dreigende gevaar op sy lewe”

en volgens die Valke hou hul optrede teen Mngoma verband hiermee.

LEES OOK: Gigaba-sage: Die een ‘komplot’ ná die ander

Haar borgtog van R5 000 is Vrydag verleng nadat sy streng gemaan is om nie in te meng met die ondersoek nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Valke  |  Crimen Injuria  |  Hof  |  Moordkomplot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.