Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gill Packham se susters getuig oor nagmerries ná moord

Helen Humphrey, Gill Packham se jongste suster, sê haar suster se laaste ure op aarde spook by haar.

Helen kan nie die prentjie van ’n brandende motor uit haar kop kry nie en hoop dat haar suster reeds teen dié tyd dood was.

“En dan voel ek soos ’n monster omdat ek wens my suster was dood toe die motor gebrand het. Dit is wat ek noodgedwonge moet wens weens ’n afgryslik wrede daad.”

Rob Packham
Rob Packham. Foto: Jaco Marais

Helen is die jongste van vyf susters. Gill was die middelste suster en Roslynn Humphrey die oudste. Albei dié susters het impakverslae aan die hof voorgelê ter strafverswaring.

Rob Packham het sy vrou, Gill, op 22 Februarie 2018 vermoedelik in hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor en haar lyk in die kattebak van haar eie groen BMW gelaai voordat hy die motor by die Dieprivier-treinstasie gaan los het. Hy het die motor later aan die brand gesteek om van die bewyse ontslae te raak.

In haar verklaring sê Helen haar suster se moord het trauma, skeiding en angs in die familie veroorsaak.

Sy het herhalende nagmerries oor of Gill dalk nog geleef het toe die motor aan die brand gesteek is. Sy kon haar nie indink dat iemand so iets kan doen nie, veral nie iemand na aan Gill nie.

Helen sê sy is steeds nie nader aan ’n antwoord oor waarom haar suster vermoor is nie. Dit veroorsaak sielkundige lyding en sy moet berading kry.

Gill se moord het ook verwydering in die familie veroorsaak en hulle sal nooit weer soos voorheen kan wees nie. Elke familielid probeer die trauma en gewelddadigheid op hul eie manier verwerk.

Slotbetoë in vonnisoplegging is tot 10 Junie uitgestel.

Kerry Meyer, Packham se oudste dogter, het Woensdag ter strafversagting getuig en in die hof bevestig sy en haar suster, Nicola, het nie ’n besonder goeie verhouding met hul tantes nie.

Meyer het getuig daar was tussen haar ma en haar vier susters ’n geskiedenis van vervreemding. Helen is die suster van wie Gill die langste vervreem was.

Helen sê ook in haar verklaring sy en almal in Gill se lewe het haar gesamentlik misluk. Hulle het misluk om Gill te help om van haar huwelik weg te loop, om haar te help sien dat daar ander opsies is en het misluk deur haar te laat voel dat sy nie geliefd was nie. Volgens Helen sou hulle enigiets doen om haar te help.

Roslynn Humphrey, Gill se oudste suster, sê in ’n verklaring elke dag is ’n nagmerrie sedert Gill se moord. Sy ly aan skok en rou baie oor haar suster.

Sy huil baie, ongeag waar sy is. Dit is steeds moeilik om vrede te maak met wat gebeur het. Volgens Roslynn het Gill niks verkeerd gedoen nie. Al wat sy wou hê, was iemand wat haar lief het en haar respekteer.

Roslynn sê daar is ’n gat in haar waar haar suster was en steeds moet wees.

Slotbetoë in vonnisoplegging is tot 10 Junie uitgestel.

Meer oor:  Rob Packham  |  Gill Packham  |  Packham-Moordverhoor  |  Hof  |  Vonnisoplegging  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.