Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gordhan se hofaansoek ’n belediging – OB

Die woordetwis tussen Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sleep voort.

Mkhwebane het Donderdag aangekondig sy sal Gordhan se hofstryd teen haar bevindings oor die sogenaamde geheime spioeneringseenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) teenstaan.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer. Foto: Argief
Min. Pravin GordhanFoto: Argief

Gordhan wil hê die hooggeregshof in Pretoria moet die OB se verslag tersyde stel en bevind dat Mkhwebane in haar professionele én persoonlike hoedanigheid oneerlik of onverskillig opgetree het.

Volgens Mkhwebane is Gordhan se hofaansoek “versluier in vernederende, persoonlike beledigings” teenoor haar.

“Dit is ons oorwoë mening dat die emotiewe taal, persoonlike beledigings en blatante leuens of insinuasies gemik is daarop om aandag weg te lei van die ware kwessies en bevindings,” sê Mkhwebane.

Sy het Woensdag voor die parlementêre komitee oor justisie verskyn om haar kantoor se begroting en prestasieplan vir die jaar voor te lê.

Op die vergadering het sy die motiewe bevraagteken van kabinetslede wat sê haar verslae is polities gemotiveerd.

Mkhwebane het in haar verslag bevind dat Gordhan die parlement met opset mislei het toe hy nagelaat het om bekend te maak dat een van die Guptas in 2010 teenwoordig was op ’n vergadering wat hy bygewoon het.

Mkhwebane voer aan dat sy nog geen hofdokumente ontvang het nie ondanks die dringende aard van Gordhan se hofaansoek.

“Die OB sal egter die saak teenstaan omdat sy vertroue het in die waarheid van haar bevindings,” luidens Mkhwebane se verklaring.

Gordhan, wat ’n interdik teen die remediërende optrede in Mkhwebane se verslag aangevra het, het die verslag as “oneerlik” en “onverskillig” bestempel en voer aan dat sy “wetend of onwetend” toegelaat het dat die OB se kantoor “ ’n wapen” word in ANC-faksiegevegte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.