Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Grey-beheerliggaam kry groen lig vir appèl

Die hoftwis tussen die beheerliggaam van Grey-kollege in Bloemfontein en sy hoërskoolhoof, Deon Scheepers, is nou in die appèlhof in die stad nadat die beheerliggaam se aansoek om verlof om na dié hof te appelleer, geslaag het.

Die beheerliggaam het hom na die appèlhof gewend nadat ’n aansoek om verlof om te appelleer in die Vrystaatse hooggeregshof vroeër vanjaar misluk het.

Deon Scheepers. Foto: Mlungisi Louw

Die beheerliggaam appelleer teen ’n beslissing van regterpresident Cagney Musi en regter Corné van Zyl nadat hy ’n jaar gelede sekere pligte van Scheepers weggevat het.

Scheepers het die beheerliggaam se besluit in die hooggeregshof op hersiening geneem en die hof het in sy guns beslis en dit met koste tersyde gestel.

Dit is teen dié beslissing en die kostebevele wat teen die beheerliggaam gemaak is, waarteen daar nou geappelleer word.

Die koste van dié hoftwis beloop waarskynlik nou al heelwat meer as R4 miljoen.

Appèlregter Visvanathan Ponnan en waarnemende appèlregter Dennis Davis het vandeesweek beslis die laaste kostebevel in die hooggeregshof teen die beheerliggaam in die aansoek om verlof om te appelleer, word tersyde gestel.

Dié koste en die koste vir die aansoek in die appèlhof word deel van die koste van die appèl.

Indien die beheerliggaam nie voortgaan met die appèl nie, moet hy dié koste betaal, is beslis.

* Intussen is die beheerliggaam ook met die Vrystaatse onderwysdepartement in ’n hoftwis betrokke nadat die onderwyshoof die besluitnemingspligte van die beheerliggaam oor die geldsake van die skool opgeskort het.

Die beheerliggaam se dringende aansoek om dit tersyde te laat stel, is weens ’n gebrek aan dringendheid verlede week van die hofrol van die hooggeregshof geskrap.

Dié stap van die onderwyshoof volg op ’n klagte van Scheepers dat die beheerliggaam geld van die hoërskool gebruik het om R1,5 miljoen se regskoste te betaal.

’n Vergadering tussen ’n ondersoekspan van die onderwysdepartement en die beheerliggaam van die skool oor die beweerde wanadministrasie, is vir volgende week beplan.

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Deon Scheepers  |  Bloemfontein  |  Beheerliggaam  |  Hof  |  Appèlaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.