Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Grondbesetters in O’hoorn aangekla

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê hy het klagte van betreding teen grondbesetters in die groter Oudtshoorn by die polisie aanhangig gemaak.

Dit kom nadat die stadsraad regsadvies ingewin het oor die grondbesetting die afgelope paar weke in die groter Oudtshoorn-gebied.

Die munisipaliteit sê ’n oudit van eienaarskap van die grond wat beset word, is vandeesweek gedoen. Die inligting sal die munisipaliteit help in sy pogings om grondbesetters in die gebied vas te vat.

Kapt. Louis Visser, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê ’n enkele klag is aanhangig gemaak oor mense wat naby Bongolethu onwettige strukture opgerig het. “Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie en die saak word ondersoek.”

Die munisipaliteit het verlede week bekend gemaak dat grondbesetting die afgelope paar weke oral in Oudtshoorn voorkom. Inligting is ook ontvang dat die “organiseerders” van die besettings die grond verkoop of geld van die plakkers eis.

Die meeste stukke grond, soos dié by die Hoërskool Môrester, is geoormerk vir maatskaplike behuising.

Wanneer die raad behuisingsprojekte lewer vir mense op die waglys word die toewysings ingevolge die munisipale beleid daaroor gedoen, sê die munisipaliteit.

Die beleid skryf grotendeels voor dat die persoon wat die langste op die waglys is, die eerste vir ’n huis in aanmerking kom.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Grondbesetters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.