Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Grondgryp: AfriForum sê polisie moet betaal

Hy het met regstappe teen die polisie begin omdat dié verlede jaar sy plig versuim het rakende grondbesetting naby Onderstepoort in die noorde van Pretoria, sê AfriForum.

Dié burgerregte-organisasie sê hy wil die koste en uitgawes van die polisie verhaal vir die dringende uitsettingsaansoek wat hy in Augustus verlede jaar moes kry.

Die Rooimiere wat verlede jaar gehelp het om die strukture van grondbesetters op die plaas van dr. Motodi Maserumule in die Onderstepoort-omgewing in die noorde van Pretoria af te breek. Foto: Deaan Vivier

Die organisasie sê in ’n verklaring die polisie het geweier om dr. Motodi Maserumule te help deur die betreders in hegtenis te neem wat sy grond wederregtelik betree het en begin het om strukture daarop op te rig.

Maserumule het AfriForum hierna genader, waarna die organisasie ’n dringende hofbevel verkry het wat gelas het dat die betreders verwyder moet word en die polisie moet die balju daarmee help.

Maserumule en AfriForum het die Rooimiere toe gevra om die betreders se strukture af te breek.

Dit het R600 000 gekos, wat AfriForum nou van die polisie wil verhaal.

AfriForum sê hy gebruik die beskikbare litigasie-roetes om die polisie en sy individuele lede vir hul versuim verantwoordelik te hou.

“AfriForum sal aanhou om die nodige stappe te doen om wetstoepassingsowerhede, en enige ander liggaam of persoon wat grondgrype duld en hul pligte verontagsaam, te verplig om aan hul mandaat te voldoen, asook om die verontregte party te vergoed vir die uitgawes wat aangegaan is, maar wat verhoed kon word,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, luidens die verklaring.

AfriForum sê hy sal die koste wat op hierdie wyse verhaal word, gebruik om verdere grondgrype te beveg.

Die polisie het nog nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Dr. Motodi Maserumule  |  Grondgryp  |  Politiek  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.