Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Grondgrypers naby Silver Lakes in hegtenis

Grondeienaars oos van die luukse Silver Lakes-woonbuurt in Pretoria hou asem op nadat grondgrypers, glo in EFF-klere, die afgelope twee weke op hul eiendom gesien is.

Die grondgrypers se naam vir hul nuwe “woonbuurt”.

Die grondgrypers het selfs die naam van hul nuwe “woonbuurt” – Winnie Mandela View EFF extention 3” – met rooi spuitverf op strukture aangebring.

Dis nog nie bekend of daar ook uitbreidings 1 en 2 iewers is nie.

Klein groepies mense het die afgelope twee weke met grawe by ongebruikte stukke hoewegrond in die Boschkop-gebied begin aankom, skoongemaak en erwe uitgemeet. Die grond is eintlik vir nywerhede geoormerk.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die betreders kom en gaan. Hulle wil vermoedelik die water toets en dan erwe uitmeet waar hulle die minste weerstand gaan kry.

Peter Wassenaar, prokureur van een van die grondeienaars, sê hy hanteer ’n dringende hofaansoek namens dié eienaar teen die betreders. Die aansoek gaan Maandag in die hooggeregshof in Pretoria voort met die doel om ’n interdik te kry dat die betreders nie weer hul voete op die grond mag sit nie.

“Ons weet nog nie hoe georganiseerd die betreding is nie. Hulle kom in groepe van tussen tien en 15 mense en meet dan blokkies op die grond uit. ’n Mens kan dit duidelik op ’n lugfoto sien, maar nie van die pad af nie.”

Die grondeienaar vir wie hy optree, het Woensdag die eerste keer betreders op sy grond gehad. Die Boschkop-polisie is ingeroep, wat hulle gewaarsku het. Die groep het toe verdwyn en was die volgende dag weg toe dit gereën het. Maar Vrydag was sowat tien van die groep terug. Die polisie is ontbied, wat hulle met grawe en al in hegtenis geneem het op ’n klag van betreding.

Wassenaar sê die betreders dra EFF-klere. Hy verneem ’n ander grondeienaar in die omgewing het ook regstappe teen betreders ingestel.

Hy sê as grondeienaars nie dadelik optree teen betreders nie, en die betreders “lê hul kop ’n kussing in ’n dwelling op die grond neer”, gee dit ’n baie langer en duurder hofgeding af ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond om hulle af te kry.

Meer oor:  Silver Lakes  |  Grondbesetters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.