Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Grondwethof sê Maandag oor OB t. Reserwebank
Adv. Busisiwe Mkhwebane Foto: Argief

Die konstitusionele hof sal Maandag uitspraak lewer in die saak tussen adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), en die Reserwebank, volgens ’n twiet wat die hof in Johannesburg Vrydag uitgestuur het.

Die twiet is gestuur net sowat ’n uur nadat Mkhwebane haar bevindinge teen pres. Cyril Ramaphosa bekend gemaak het. Sy het onder meer bevind dat hy die parlement doelbewus mislei het, dat hy nie ’n skenking van R500 000 vir sy veldtog as president van die ANC verklaar het nie en dat daar sprake van geldwassery in sy veldtog kan wees.

Die hof sal Maandag uitspraak oor Mkhwebane se aansoek lewer oor of sy persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir die koste in die hooggeregshofsaak waarin haar verslae oor die Reserwebank en Absa/Bankorp-sage tersyde gestel is.

Die Reserwebank het op sy beurt gevra dat die hof moet bevind dat Mkhwebane haar mag misbruik het in haar ondersoek na die Bankorp-kwessie. Sy het onder meer beveel dat die Reserwebank se mandaat gewysig moet word en die hof het dit verwerp.

Die uitspraak Maandag kan ernstige gevolge vir Mkhwebane inhou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.