Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Groot kanon getuig vir Parys-6

’n Afgetrede patoloog wat bykans 70 000 lykskouings in sy loopbaan gedoen het, sal Maandag namens die verdediging in Parys se vigilante-moordverhoor in Parys getuig.

Die Parys-6 in die beskuldigde bank is van links Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren. Foto: Alet van der Walt

Prof. Jan Botha se getuienis sal baie belangrik vir die verhoor wees, sê adv. Hennie du Plessis, wat namens Miela Jansen van Vuuren optree.

Botha was dekades lank die hoofpatoloog in die Vrystaat en is hoogaangeskrewe, sê Du Plessis.

Du Plessis sê Botha se getuienis sal bepaal watter getuies die verdediging nog in die komende twee weke sal roep.

Die verhoor is nog tot 15 Februarie op die hofrol.

Du Plessis sê die verdediging is baie verlig dat beskuldigde een, Boeta van der Westhuizen, nie ernstig beseer is in ’n motorongeluk nie.

“As hy nie die verhoor die week kon bywoon nie kon dit ’n probleem gewees het.” sê Du Plessis.

Die regter moes dan besluit of die verhoor sou kon voortgaan.

Van der Westhuizen het Donderdagaand op ’n nat pad beheer verloor oor sy voertuig.

Sy vrou, Rikki, sê Van der Westhuizen is gekneus en seer maar verder ongedeerd en is nie in die hospitaal opgeneem nie.

Van der Westhuizen het verlede week sy getuienis in die rondgaande hof in Parys voor regter Corné van Zyl afgesluit.

Die verhoor spruit uit ’n plaasaanval op Van der Westhuizen se pa, Loedie sr., op sy plaas in die Weiveld-gebied buite Parys.

Loedie sr. het ’n noodknoppie gedruk en ’n groot groep mans het hom op sy plaas te hulp gesnel.

Samuel Tjixa en Simon Jubeba, wat volgens getuies voor die hof gesien is waar hulle deur ’n buurplaas hardloop met Loedie sr. se honde wat agterna hardloop, is in hegtenis geneem.

Die twee is volgens die staat so erg aangerand dat hulle die volgende dag dood is.

Die ander vyf beskuldigdes is Anton Loggenberg, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen jr. en Miela Jansen van Vuuren.

Meer oor:  Parys-6
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.