Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Groot Vrystaatse boer se trust bankrot verklaar

Die trust van ’n bekende boer van Hoopstad is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein vir skuld van R16 miljoen aan FNB finaal bankrot verklaar.

Sarel van der Walt van die plaas Helpmekaar is self verlede jaar vir skuld van R92 miljoen aan die bank finaal bankrot verklaar.

Sy aansoek om verlof om teen dié bevinding te appelleer, het verlede maand misluk.

Luidens hofstukke is die R16 miljoen wat die SRE-trust aan die bank skuld vir ’n lening wat in 2014 aangegaan is. Van der Walt het borg vir tot R75 miljoen namens die trust vir van sy skuld geteken.

In 2017 het die trust vee en produkte vir R2,9 miljoen verkoop, maar steeds in dié boekjaar ’n verlies van R1 miljoen getoon.

Die bates van die trust is ’n eiendom van R2,5 miljoen in Potchefstroom en ’n plaas van sowat R15 miljoen by Hoopstad.

Die bates van die trust is ’n eiendom van R2,5 miljoen in Potchefstroom en ’n plaas van sowat R15 miljoen by Hoopstad.

Luidens die hofstukke boer die sakeryk van Van der Walt op sowat 2 400 ha grond op verskeie plase in die distrikte Hoopstad en Wesselsbron.

Hy het twee trusts, die SRE- en Saamwerk-trust, asook ’n maatskappy, die Karis Boerdery.

Luidens die hofstukke het Van der Walt boonop ná twee misoeste in 2015 en 2016 ook in 2017 ’n produksielening van ’n verdere R59,2 miljoen by ’n ander instansie aangegaan.

Toe die SRE-trust verlede maand voorlopig bankrot verklaar is, het die hof gesê die trust se sake moet ondersoek word.

“Daar is verskeie sake wat nie verduidelik word nie en ook aanduidings van verdagte optrede (om dit sagkens

te stel).”

Die verhouding van Van der Walt met sy trusts en maatskappy moet ondersoek word, spesifiek oor die vloei van geld en eiendom van die een na die ander.

Meer oor:  Sarel Van Der Walt  |  Hoopstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.