Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Gupta-bestuurders gee nie hul samewerking

Die vier sakereddingspraktisyns van die Gupta-maatskappye, waaronder Optimum Coal Terminal, Tegeta Exploration and Resources en Shivas Uranium bring Dinsdagoggend ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria om ’n interdik te kry teen die bestuurders van die entiteite om hulle toegang te gee tot alle dokumente, asook persele waar dit gehou word.

Die sakereddingspraktisyns, Louis Klopper, Robert Knoop, Juanito Damons en Kgashane Monyela, bring die interdik teen agt bestuurders van Gupta-maatskappye.

George van der Merwe, een van die bestuurders teen wie die sakeredders ’n dringende aansoek bring om hulle te verplig om hul samewerking te gee. Foto: Elise Tempelhoff

Klopper het Maandagaand gesê die bestuurders weier om hul samewerking te gee. Die sakereddingspraktisyns is glo ook verbied om die kantore waar die dokumente aangehou word, binne te gaan.

“Ons bring die interdik, om hulle te verplig om hul samewerking te gee sodat ons duisende mense se poste kan red.”

Die Gupta-maatskappye is in Februarie in sakeredding geplaas.

Die aansoek word gebring teen Ronica Ragavan, Reshma Moopanar, Vidya Mudaliar, Pushpa Ugeshni Govender, George Peter van der Merwe, Mduduzi Joseph Mtshali en Salim Aziz Essa.

Die ander maatskappye onder sakeredding is Islandsite Investments 80 (Pty)Ltd., Koornfontein Mines (Pty) Ltd, VR Laser Services (Pty) Ltd en Confident Concepts (Pty)Ltd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.