Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Gupta-man’ Sharma kry borgtog
Iqbal Sharma in die beskuldigdebank. Foto: Mlungisi Louw

Borgtog van R500 000 is Woensdagmiddag in die hooggeregshof in Bloemfontein onder streng voorwaardes aan die skatryk sakeman Iqbal Sharma toegestaan.

Dié vermeende Gupta-meeloper sal ná meer as ’n maand in aanhouding vrygelaat word nadat sy borgtog-appèl geslaag het.

Regter Joseph Mhlambi het in sy uitspraak gesê die streekhof in Bloemfontein se weiering om borgtog toe aan Sharma te staan weens die moontlikheid of waarskynlikheid dat hy ’n vlugrisiko inhou, is nie voldoende nie en daarom is die beslissing tersyde gestel.

Sharma word aangekla saam met Peter Thabethe, voormalige hoof van die departement van landbou in die Vrystaat, Limakatso Moorosi, ook ’n oudhoof van dié departement en deesdae uitvoerende hoof van Bloemwater, en Seipati Dlamini, voormalige finansiële hoof van die landboudepartement en nou adjunkdirekteur-generaal van samewerkende regering en tradisionele sake, asook sy swaer, Dinesh Patel.

Die aanklagte hou verband met ’n volhoubaarheidstudie in 2011 vir moontlike projekte van die Vrystaatse landboudepartement.

Sharma en sy maatskappy Nulane Investments 204 is sowat R24,9 miljoen daarvoor betaal.

Volgens die staat was die studie ’n rookskerm vir die bedrieglike Estina-suiwelprojek by Vrede, waaruit sowat R288 miljoen gevloei het.

• Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Guptas  |  Iqbal Sharma  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.