Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Guptas betwis gou beslaglegging in hof

Die Guptas wend hulle volgende week tot die hooggeregshof in Bloemfontein om die beslag op bates van talle maatskappye met bande met die familie te betwis.

Dit volg nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid (BBE) verlede maand op vier huise op die Gupta-familie se landgoed in Saxonwold, Johannesburg, toegeslaan het.

Lede van die Valke se batebeslagleggingseenheid besig om op die Guptas se Saxonwold-kompleks in Johannesburg toe te slaan. Foto: Felix Dlangamandla

Die BBE het 43 residensiële eiendomme, twee private vliegtuie, ’n helikopter, Porsche, Lamborghini, Range Rovers en ander voertuie in bewaring geneem. Hulle het ook bankrekenings van Oakbay Investments en Sahara Computers bevries.

Die NVG meen sommige bates is gefinansier uit die opbrengs van die beweerde bedrog en diefstal van meer as R250 miljoen van dié projek.

Die bewaringsbevele is teen 11 beskuldigdes wat op 14 Februarie in die streekhof in Bloemfontein op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery verskyn het, gebring en word op 10 Mei deur Rudi Krause betwis.

“In ’n neutedop moes hierdie bevele eenvoudig nooit toegestaan geword het nie,” sê Krause, wat namens Oakbay en ander Gupta-verwante maatskappye optree.

“Dit is vir alle praktiese doeleindes presies dieselfde aansoek wat vroeër deur die hof met koste verwerp is en ons glo die NVG se saak is net so dun soos vantevore.”

Regter Fouché Jordaan het vroeër vanjaar beslis dat sekere Gupta-verwante transaksies in verband met die Estina-projek verdag is, maar gesê daar is geen bewyse dat Atul Gupta of enige van die maatskappye wat aan die familie verbind word direk by die projek baat gevind het nie.

Die Guptas voer aan adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), se besluit om met die Estina-saak voort te gaan is foutief en op hoorsê gegrond.

Die bewaringsbevele:

* Netwerk24 het vroeër berig dat Peter Thabethe, die departementshoof van die Vrystaatse departement van landbou, Nazeem Howa, ’n direkteur van Oakbay en hul vrouens onder die 11 verdagtes in die Estina-saak is.

Thabethe het ’n huis in Bayswater, Bloemfontein, ’n plaas en twee woonerwe in Mpumalanga. Hy het ’n Porsche Cayenne-motor en Ford Ranger-bakkie.

* Seipati Dlamini, voormalige finansiële hoof van die departement, het ’n meenthuis in Hillsboro, Bloemfontein, en ’n huis in Kroonstad.

* Ashu Chawla, ’n direkteur van Oakbay, het 17 huise, twee plase en ’n helikopter. Dit sluit ook sy huis van R3,5 miljoen in Saxonwold in. Daar is ook ’n Lamborghini Gallardo, Porsche Cayenne, Audi Q7, Jeep Grand Cherokee en talle vragmotors en sleepwaens in sy naam registreer.

* Verun Gupta besit twee hoewes by Pretoria.

* Ingevolge die bewaringsbevele is die Bombardier 6000-straler van die Guptas en ’n Cessna-vliegtuig onder die naam van Ronica Ragavan, ’n direkteur van Oakbay en Aerhaven, in bewaring geneem. Altesaam 11 huise in Gauteng en die Kaap word onder haar naam in die bewaringsbevel gelys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.