Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Guptas vra hul luukse motors en ander goedjies terug
Ronica Ragavan

Die Guptas en hul verwante maatskappye wil hul Bombardier- private straler, ZS-OAK, helikopter, Porsche, Lamborghini en byna 40 eiendomme terug hê, blyk uit ’n aansoek in die Vrystaatse hooggeregshof wat Donderdag aangehoor word.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid gaan uitstel vra omdat hy ietwat onkant betrap is deur dié aansoek vir die opheffing van voorlopige bewaringsbevele op bates van sowat R180 miljoen. Die keerdatum is oor twee weke.

Daarby wil die NVG vir Wim Trengove SC, een van die land se topadvokate, kry om die aansoek teen te staan. Hy is volgende Donderdag beskikbaar.

Die NVG het reeds twee keer vanjaar in dié hooggeregshof slae gekry toe bewaringsbevele op Gupta-verwante entiteite opgehef is.

Ronica Ragavan, waarnemende uitvoerende hoof van Oakbay Investments, sê sy, Ashu Chawla, Varun Gupta en Aerohaven Trading is onskuldig op enige aanklag oor die mislukte Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat.

Sy sê in haar aansoek sy, Oakbay, Chawla, Gupta en Aerohaven word net op drie van die 12 hoofaanklagte in die streekhof in Bloemfontein aangekla. Hulle word van bedrog en geldwassery aangekla.

Terwyl die klagstaat uitbrei oor al die ander beskuldigdes se beweerde rolle in die bedrogspul van R250 miljoen, word geen melding gemaak van watter rol hulle in die suiwelprojek gespeel het nie.

Ronica Ragavan sê die bewaringsaansoek is op hoorsê en onvoldoende, foutiewe en misleidende bewerings gegrond.

Ingevolge die bewaringsbevele is die Bombardier-straler en ’n Cessna-vliegtuig onder die naam van Ragavan, ook ’n direkteur van Aerohaven, in bewaring geneem. 11 huise in Gauteng en die Kaap is in die bewaringsbevel onder haar naam gelys.

Van Chawla, ’n direkteur van Oakbay, is 17 huise, twee plase en ’n helikopter in bewaring geneem. Dit sluit ook sy huis van R3,5 miljoen in Saxonwold in.

Onder sy naam is onder meer ook ’n Lamborghini Gallardo, Porsche Cayenne, Audi Q7, Jeep Grand Cherokee en talle vragmotors en sleepwaens in bewaring geneem.

Onder Verun Gupta se naam is twee hoewes by Pretoria in bewaring geneem.

Ragavan sê die bewaringsaansoek is op hoorsê en onvoldoende, foutiewe en misleidende bewerings gegrond.

Die NVG maak staat op dieselfde getuienis as in die vorige voorlopige aansoek, wat grootliks opgehef is.

Sy sê hoewel Westdawn Investments en Annex Distribution nie by die bewaringsbevel ingesluit is nie, is ’n vliegtuig, verskeie voertuie en geld van hulle by die bewaringsbevele ingesluit.

Daarom vra sy dat hulle by die aansoek as partye met ’n belang gevoeg word.

Adv. Mike Hellens SC bring die aansoek in opdrag van BDK-prokureurs.

Meer oor:  Nvg  |  Guptas  |  Lamborghini  |  Eiendomme  |  Straler  |  Helikopter  |  Porsche
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.