Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Haarkappers en salonne hoor dalk gou wat hul lot is

Haarkappers en skoonheidsalonne sal moontlik Donderdag weet wat hul lot tydens vlak 3 van die inperking is nadat ’n dringende hofaansoek in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor is.

Regter Lee Bozalek het die aansoek deur adv. Carlo Viljoen Woensdag in die hof aangehoor.

Luidens die hofstukke verteenwoordig Viljoen die hele haarkappersbedryf en bring die saak teen die minister van gesondheid.

Die hof het sy versoek dat die aansoek op ’n dringende grondslag aangehoor mag word, sowat twee weke gelede goedgekeur.

Sedert die nasionale staat van inperking op 27 Maart in werking getree het, is die bedryf swaar getref deurdat haarkappers en salonne sedertdien glad nie sake kon doen nie.

Ter illustrasie. Haarkappers dra gesigmaskers terwyl hulle hare sny.Foto: Unsplash

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sê in hierdie bedryf kan gesonde afstande nie tussen klante en die diensverskaffers gehandhaaf word nie en daarom sal dit te gevaarlik wees om hierdie ondernemings op vlak 4 van die inperking te heropen.

Netwerk24 het vroeër berig dat Viljoen gesê het die bedryf is gerat daarvoor en “dat die meeste Suid-Afrikaners vir hulself kan dink en besluit, en sal weet om nie risiko’s met die virus te neem nie”.

Viljoen sê in sy aansoek dit is ’n saak van dringendheid dat die bedryf nóú oopgestel word.

Volgens hom dra die bedryf jaarliks R250 miljard tot die ekonomie by.

In die haarkappersbedryf sal sowat ’n miljoen mense werkloos wees as die hof nie tot sy redding kom nie.

Hy wys ook daarop dat groot getalle werkgewers in dié bedryf van die hand na die mond lewe en enkelouers is wat uit hul eenmansaak ’n bestaan probeer maak.

Viljoen wys die hof verder daarop dat die skoonheidsbedryf deeglik geskool is om hul persele skoon en higiënies te hou en bereid is om ekstra maatreëls in te stel om te verseker dat klante teen die koronavirus beskerm word.

Jade Tome, Viljoen se woordvoerder, het bevestig dat uitspraak tot Donderdag voorbehou word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Haarkappers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.