Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Haatspraak-saak teen BLF voor gelyksheidshof

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag in die gelyksheidshof in Johannesburg aangevoer dat die uitlatings deur die BLF ná die tragiese dood van vier leerlinge van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op haatspraak, lastering en diskriminasie neerkom. 

Adv. Dirk Groenewald
Adv. Dirk Groenewald vir Solidariteit en BLF-leier Andile Mngxitama voor die hofverrigtinge. Foto: Werner Beukes

Andile Mngxitama, BLF-leier, was Dinsdag in die hof om namens die BLF-lede Lindsay Maasdorp en Zwelakhe Dubasi op te tree nadat die saak in Augustus uitgestel moes word toe niemand van die BLF of hul regsverteenwoordigers in die hof teenwoordig was nie. 

Die twee BLF-lede het op sosiale media die dood van die leerlinge gevier en gesê dis is 'n gepaste straf vir wit mense en hul kinders. 

"Daar is nie 'n groter vorm van haat as om die dood van 'n ander te vier, veral as dié wat gesterf het onskuldige kinders is nie," het adv. Dirk Groenewald, vir Solidariteit, voor regter Ratha Mokgoatlheng geargumenteer. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.