Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Haatspraak: Sanef gaan nie teen uitspraak appelleer

Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) gaan nie appelleer teen die beslissing van die Gelykheidshof dat uitlatings van Julius Malema, leier van die EFF, nié op haatspraak neerkom nie.

Sanef het die saak aanhangig gemaak ná klagtes deur ’n aantal senior joernaliste dat uitsprake van Malema, sy kollegas en volgelinge teen hulle op haatspraak neerkom.

Julius Malema, leier van die EFF.Foto: Dawie Boonzaaier

Regter Daisy Molefe het verlede maand op ’n sitting van die Gelykheidshof in die hooggeregshof in Pretoria egter die aansoek van die hand gewys.

Sy het gesê die media word nie beskerm deur die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie nie.

Molefe het ook bevind dat aanstootlike of omstrede sienings nie noodwendig geklassifiseer kan word as

haatspraak nie.

Sanef het sedertdien besluit om “ander vorme van regres te ondersoek teen die teistering van joernaliste”.

Die besluit is Woensdag geneem “ná deeglike oorweging en regsadvies”.

Sanef sê hy vind sekere aspekte van die uitspraak problematies, maar is bly die hof het die belangrikheid van die beskerming van joernaliste erken.

“Regter Molefe het gesê dit is die plig van alle staatsorgane, insluitend die regbank, om nie net ag te slaan op nie, maar ook om positiewe stappe te doen om die veiligheid en onafhanklikheid van joernaliste te beskerm.”

Kate Skinner, uitvoerende direkteur van Sanef, sê hulle aanvaar met die wysheid van nawete die gelykheidshof was nie die geskikte forum om hul kommer te lug nie.

Die redakteursforum hou vol dat die intimidasie en teistering van joernaliste, persoonlik of op sosiale media, onwettig is. “Ons moedig joernaliste aan wat gedreig of mishandel word en sodoende verhinder word om hul werk doeltreffend te doen, om na vore te kom.”

Sanef sê sy verandering van strategie hieroor beteken nie dat joernaliste gejag word nie.

“Ons wil alle toepaslike regsmiddele gebruik wat kragtens die wet beskikbaar is, insluitend interdikte en strafregtelike stappe,” sê Skinner.

“Ons sal ook voortgaan met samesprekings met politieke partye in ’n poging om saam te stem oor ’n kode van optrede tussen joernaliste en politici in ’n grondwetlike demokrasie,” sê Sanef.

Meer oor:  Sanef  |  Julius Malema  |  Hof  |  Gelykheidshof  |  Uitspraak  |  Appelleer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.