Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Handtekening paar keer voor dood vervals, hoor hof

Die handtekening van Danie van Huyssteen (57), in lewe ’n prokureur en bekende in kunskringe van Gariepdam, is waarskynlik ’n hele paar keer voor sy dood vervals, blyk uit getuienis in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Francois van der Merwe (47), ’n oogkundige van Langebaan in die Wes-Kaap, betwis die testament van Van Huyssteen waarvolgens Stephen Fetting (35), ’n boedelpraktisyn van Gariepdam, meer as R3,3 miljoen erf.

Yvette Palm, ’n handskrifdeskundige van Kaapstad, praat met Dieter Haarhoff van Stander en Green-prokureurs in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: MIKE VAN ROOYEN

Van Huyssteen was Fetting se werkgewer.

Van der Merwe sê die handtekening is vervals en die testament wat sy oom, Theunis van der Merwe (67), en Van Huyssteen saam opgestel het, is geldig. Daarvolgens erf hy alles.

Yvette Palm, ’n handskrifdeskundige, het Dinsdag voor regter Fouché Jordaan getuig die handtekening op Van Huyssteen se testament is hoogs waarskynlik vervals.

Dit is waarskynlik deur ’n bedrewe vervalser gedoen, “soos iemand wat gereeld namens iemand anders geteken het”.

“Dit was waarskynlik iemand naby hom wat gereeld geoefen het om sy handtekening na te maak.”

Op 40 dokumente waarop Van Huyssteen se handtekening aangebring is, was daar ook handtekeninge wat moontlik deur die vervalser aangebring is.

Van dieselfde afwykings wat sy op die testament gekry het, was ook in die handtekeninge van Van Huyssteen op van dié dokumente.

Luidens die eerste testament, wat in Oktober 2015 opgestel is, erf die langslewende alles, behalwe as hulle saam sterf. Dan erf Francois van der Merwe die opbrengs van die saamgesmelte boedels.

In haar vergelykings tussen Van Huyssteen se werklike handtekening en die moontlike vervalsings het sy sewe wesenlike verskille gekry.

“Wetenskaplike bewyse toon hy het nie op die testament geteken nie.” Dit is egter waarskynlik dieselfde mens wat sy handtekening op albei blaaie van die testament nagemaak het, het sy getuig.

Sy het getuig dat Fetting se handskrifdeskundige nie met haar bevindings saamstem nie.

Theunis van der Merwe is op 23 Desember 2016 en Van Huyssteen op 12 Mei 2017 oorlede. In lewe het hulle sedert 1981 in ’n gay verhouding in Gariepdam gewoon.

Die testament wat betwis word, is twee maande ná Theunis se dood gedateer.

Luidens die eerste testament, wat in Oktober 2015 opgestel is, erf die langslewende alles, behalwe as hulle saam sterf. Dan erf Francois van der Merwe die opbrengs van die saamgesmelte boedels.

Adv. Neil Snellenburg SC, in opdrag van Pieter Schuurman van Hill McHardy en Herbst, tree vir Van der Merwe op. Adv. Paul Zietsman SC, in opdrag van Rikus Stander van Stander en Green, tree vir Fetting op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Testament  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.