Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hannah: Polisiejaagtog teen 160 km/h beskryf

’n Jaagtog waarin die polisie twee van Hannah Cornelius se beweerde verkragters en moordenaars deur Stellenbosch agternagesit het, is Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad beskryf.

Konst. Bulelani Siko van die Stellenbosch-polisiekantoor, het getuig hy het nooit minder as 160 km/h gery terwyl hy hulle in Cornelius se blou Citi Golf agtervolg het nie.

Konst. Bulelani Siko staan in die hooggeregshof in Kaapstad. Hy het teen meer as 160 km/h agter die vermeende moordenaars van Hannah Cornelius in haar blou VW Citi Golf aangejaag. Foto: Adrian de Kock

Siko was die oggend van 27 Mei 2017 op ’n ander misdaadtoneel toe hy na die plaas Groenhof in Bottelary-weg ontbied is.

Hy was die eerste polisiebeampte op die toneel en het met die persoon gepraat wat Cornelius se lyk gevind het. Hy het ook die toneel ondersoek en spore van motorbande gevind. Forensiese kundiges het dit afgeneem en bestudeer.

Siko en ’n kollega is later terug na die eerste misdaadtoneel. Op pad na Khayamandi net buite Stellenbosch, het hulle inligting ontvang dat die verdagtes in die gesteelde blou Golf in die rigting van Stellenbosch ry. Siko het geweet die motor sou by hom verby ry. Hy het omgedraai en die motor begin volg toe dit verby hom ry.

Ná ’n klomp kinkels het Siko ’n polisielid wat op patrollie in ’n bakkie naby Merrimanlaan was, opdrag gegee om die blou Golf te agtervolg. Siko het die patrolliebakkie gevolg. In ’n stadium het die blou Golf in die rigting van Borchards Quarry-rylaan gery en regs gedraai by die afdraai na Devonvallei. Die patrolliebakkie het hier spoed verloor en Siko het vinniger agter die blou Golf aangejaag.

Hy het hulle vir sowat 2,6 km gevolg tot waar die Golf by ’n hek tot stilstand gekom en die verdagtes weggehardloop het.

Daar was ’n stroompie waaroor die beskuldigdes moes kom en Siko het een van die mans daar in hegtenis geneem. Siko het hom in die hof uitgeken as Vernon Witbooi.

Die verhoor duur Maandag voort.

Kyk na ’n deel van die jaagtog op hierdie video:

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Stellenbosch  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.