Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hannah se laaste aand: Cheslin getuig

Hy het kort-kort stilgebly toe hy Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad getuig het oor die aand van Vrydag 26 Mei 2017. Dit was die laaste aand dat Cheslin Marsh (22) sy vriendin Hannah Cornelius lewend gesien het voordat sy vermoor is.

Hulle het mekaar by die bekende kuierplek Bohemia gekry en vir ’n wyle daar gekuier. Hierna is hulle na die manskoshuis Eendrag saam met minstens drie ander vriende en het daar gekuier, maar het later weer dorp toe geloop om drank te koop. Hulle het nie drank gevind nie en is terug koshuis toe.

Cheslin Marsh kom Woensdag in die hof aan. Foto: Adrian de Kock

Marsh het getuig hy wou toe huis toe gaan en het saam met Hannah na haar koshuis, Irene, geloop.

“Sy het aangedring om my huis toe te neem.”

Marsh moes eers terug na Eendrag gaan om sy skaatsplank en sak te gaan haal.

“Sy het altyd almal se behoeftes voor haar eie gestel,” het Marsh getuig. Op ’n vraag van die staat het Marsh gesê “dit is die tipe mens wat sy was”.

Toe hy by die manskoshuis uitstap, het Hannah daar vir hom gewag en hulle het na die blou VW Citi Golf geloop. Die voertuig was by ’n ander vrouekoshuis geparkeer.

Marsh het getuig hy het in die Nouveau-woonstelblok gewoon, op die hoek van Jan Celliersweg en Birdstraat. Hulle het hier stilgehou en verder in die kar gesit en gesels.

“Ek het my deur oopgemaak en voor ek uitgeklim het, was daar ’n hand met ’n skroewedraaier wat by Hannah se venster ingedruk is,” het Marsh getuig.

Hulle het die motorsleutels gesoek en toe Hannah vir hulle vra wat hulle wou hê, het die een aan die bestuurder se kant gesê hulle wou net huis toe gaan en dat hulle die kar dan sal teruggee.

Marsh het kort-kort in die hof stil geraak. Die klerk het vir hom ’n glas water geneem en ’n pakkie sneesdoekies.

“Daar het toe ’n man met ’n mes in sy linkerhand agter my gekom en my in die motor gedwing,” het hy getuig.

Daar was vier mans. Die een met die skroewedraaier het voor by die bestuurder se kant ingeklim en die man met die mes aan die passasierskant. Twee ander mans het agter ingeklim. Marsh is na agter geskuif en Hannah het tussen die twee sitplekke gesit.

“Hulle het die motorsleutels gesoek en toe Hannah vir hulle vra wat hulle wou hê, het die een aan die bestuurder se kant gesê hulle wou net huis toe gaan en dat hulle die motor dan sal teruggee.”

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Cheslin Marsh  |  Stellenbosch  |  Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.