Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hartseer ma hoor getuienis in Jayde-saak aan
Christopher Panayiotou saam met Adv.Terry Price(links) en Alwyn Griebenow. Foto: Werner Hills

Die Jayde Panayiotou-moordverhoor het Vrydag – presies twee jaar sedert sy voor haar meenthuis in Port Elizabeth ontvoer en later vermoor is – op ’n emosionele noot in die hooggeregshof in Port Elizabeth hervat.

Haar ma, Michelle Inggs, het saggies in die hofbanke gehuil terwyl haar vermoorde dogter se man, Christopher Panayiotou, die hof ingebring is.

Jayde Panayiotou se ma, Michelle in hoogeregshof in Port Elizabeth. Foto: Werner Hills

Hy was na bewering die baasbrein agter die moord op Jayde op 21 April 2015. 

Adv. Marius Stander, vir die staat, het ao. Lorenzo Zeelie van die Kabegapark-polisie Woensdagoggend met die begin van die verhoor as getuie geroep.

Zeelie het getuig dat hy aan diens was toe Luthando Siyoni, vermeende middelman in die moord, na die polisiekantoor gebring is.

Die staat voer aan dat Panayiotou Siyoni betaal het om Jayde te laat vermoor.

Siyoni is verlede jaar as ’n Artikel 204-staatsgetuie na die getuiebank geroep, waar hy beweer het dat die polisie hom aangerand en gedwing het om ’n bekentenis af te lê.

Zeelie het getuig dat daar wel ’n klein besering aan Siyoni se oog was toe hy hom in die polisieselle gesien het. Hy het egter bygevoeg dat Siyoni nie oor die besering gekla het nie, maar wel oor die etes wat hy tot dusver ontvang het.

Adv. Terry Price, SC, Panayiotou se regsverteenwoordiger, het Zeelie in kruisondervraging gevra hoekom hy Siyoni nie oor die besering uitgevra het nie.

Zeelie het nie geantwoord nie.

Kapt. LeFleur Baadjies, ’n afgetrede polisiebeampte wat voorheen in die Kabegapark-polisiekantoor gestasioneer was, het getuig dat hy Siyoni in die polisieselle gevra het of hy enige klagtes het. Hy het geen besering aan Siyoni se gesig gesien nie.

Price het dit aan Baadjies gestel dat hy Siyoni nie gesien het nie, aangesien hy nie die besering sou kon miskyk nie.

Die verhoor duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.